Verskil tussen weergawes van "Odin"

78 grepe verwyder ,  12 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
No edit summary
No edit summary
[[Beeld:Odhin thron.jpg|thumb|right|Foto uit die boek "Walhall", Felix und Therese Dahn, 1888]]
 
'''Odin''' ([[OudnoordsOudnoors]]: '''Óðinn''', [[Sweeds]] en [[Deens]]: '''Oden''') word gesien as die oppergod in die [[Germaanse godsdiens]]. Wes-Germaanse name van Odin is '''Weda''' (Oud-[[Oudfries|Fries]]), '''Woden''' ([[Angelsaksies]] en [[Oudsaksies]]), '''[[Wodan]]''' (Oud-[[Frankies]]), '''Wuodan''' ([[Alemannen|Alemannies]]), '''Wotan''' of '''Wothan''' ([[Germaanse talen|Germaans]]) en '''Guodan''' ([[Lombardies]]).
 
In Afrikaans, Nederlands, Engels, Sweeds, Noors en Deens is 'Woensdag' na hierdie god vernoem. In Duits was Woensdag aanvanklik ook bekend as 'Wotanstag', maar onder invloed van die Christelike Kerk het dit uiteindelik 'Mittwoch' (Midweek) geword.
Odin/Wodan woon in [[Gladsheimr]] maar ook soms in [[Valaskjálf]] vanwaar hy die hele wêreld kan sien. Ook beskik hy oor ’n spesiale saal (hal) bekend as die [[Walhalla]]. Die Walhalha is die hemel van die gestorwe krygers. Hulle word versamel en gekeur deur die [[Walkure]].
 
Die naam van sy vrou is [[Frigg]], maar hy het ook minnaresse gehad. Van sy bekendste seuns was ook bekende Germaanse Godegode, naamlik: [[Thor]] of [[Donar]], [[Baldr]] en die blinde [[Hodr]] (ook bekend as Hod of Hodur). Met [[Jörd]] (Aarde) het hy die seun [[Thor]] verwek en met ‘n Reusin die seun [[Vidar]]. Met [[Rindr]] het hy die seun [[Vali]] verwek.
 
==Wysheid==
Odin/Wodan is beskou as ’n Alwetende en Alwyse Godgod. Hy het ook bekend gestaan as Alvader of Almagtige Vader. Odin/Wodan was die Oppergod van die Germane en daar is met ontsag oor hom gepraat. Vir Odin was kennis mag en het hy voordurend gesoek en gestreef na Kennis en Waarheid. Vir hierdie drang na kennis moes hy 'n oog afstaan aan die dwerg [[Mimir]] om uit die Bron van Wysheid te kon drink. Odin/Wodan sou ook 9 dae lank aan die Wêreldboom [[Yggdrasill]] gehang het as 'n self-offer vir die verkryging van die Geheim van Kennis. Hy sou homself ook met 'n spies gesteek het terwyl hy aan die boom gehang het (selfkastyding). Odin/Wodan het ook belend gestaan as die Wandelaar (Wand = heilige staf). Die staf is 'n simbool vir wysheid en mag.
==Kenmerke==
Odin/Wodan word aan die volgende herken: Hy was fors gebou met ‘n lang wit baard en een oog. Hy was geklee in ‘n lang mantel en het ‘n hoed gedra. Hy het ‘n spies (Gungnir), ‘n mantel, ‘n slaprandhoed en ‘n ring (Draupnir). Vanaf hierdie ring drup daar elke negende nag, agt goue ringe af. Hierdie 8 goue ringe staan simbool vir die volgende 8 dae, waarna weer 'n heilige nag aanbreek. Die ou Germaanse week het uit 9 nagte bestaan. Odin/Wodan het twee kraaie (Huginn en Munnin) wat vir hom nuus bring. Sleipnir is sy agtbenige perd waarmee hy soos 'n stormwind deur die lug kan vlieg. Freki en Geri is Odin/Wodan se twee wolwe wat hom op die slagveld begelei.
==Skepper==
Odin/Wodan dateer uit die ystydperk. In hierdie tyd lek die oerkoei [[Audumla]] volgens oorlewering die reus [[Búri]] los uit die ys. Hierdie Búri is die stamvader van alle Godegode. Uit [[Búri]] het [[Borr]] gekom en hy en die vroulike reus Bestla kry drie seuns: Odin/Wodan, [[Vili]] en [[Vé]]. Dit was die eerste Godegode. Hulle het die eerste twee mense geskape, nl. [[Ask en Embla]]. Talle Germaanse koningsgeslagte (byvoorbeeld Volsung) beweer dat hulle van Odin/Wodan afstam.
 
Odin/Wodan vorm ’n goddelike drie-eenheid met Vile en Vé. Sommige bronne vermeld egter ’n drie-eenheid met [[Hoenir]] en [[Lodur]].
 
==Einddoel==
Odin/Wodan berei homself voor vir die einde van die wêreld: [[Ragnarok]]. Krygers wat tydens hulle aardse lewe in die stryd gesterf het, word in die Einherier (elitekorps) opgeneem. Hierdie Einheri’s oefen elke dag. Wanneer die einde van die wêreld kom, sal hierdie leër saam met die Godegode veg teen duistere magte onder leiding van [[Loki]]. In die Ragnarok kom Odin/Wodan te staan teen [[Fenrir]], die Bose Wolf. Odin/Wodan verloor egter hierdie tweestryd, maar die dapper seun van Odin/Wodan, [[Vanir]], neem wraak deur Fenrir dood te maak.
 
Na die Ragnarok, kom daar ’n 'Nuwe Wêreld'. Die 'Ou Wêreld' gaan onder en vergaan.
==Kerstening==
Met die koms van die Romeinse [[Christendom]] na Wes- en Noord-Europa, word die [[Germaanse godsdiens]] langsamerhand verdring. Die Christelike godsdiens is dikwels met die swaard en die brandstapel op die Germane afgedwing. Die ou Germaanse Gode is met die koms van die Christendom as ongewens verklaar. Hierdie ou Germaanse Gode is voortaan as duiwelsfigure beskou.
==Bibliografie==
* Van Egir tot Ymer: Personages en thema’s uit de Germaanse en Noorse mythologie: Paula Vermeyden en Arend Quak 2000 SUN Nijmegen.
Anonieme gebruiker