Verskil tussen weergawes van "Operasie Gomorrha"

k
==Die bombarderings==
[[Beeld:Mahnmal Hamburger Strasse Hamburg Germany 28DEC2005.jpg|thumb|right|250px|'n Oorlogsmonument in Hamburger Straße]][[Beeld:Hamburg StNikolai Panorama.jpg|thumb|left|190px|Die St. Nikolai-kerk was tussen 1874 en 1876 die hoogste gebou ter wêreld. Sy bouvalle het as 'n oorlogsmonument bewaar gebly]]
Die Operasie Gomorrha het vyf nagtelike bomaanvalle behels wat deur die Britse Royal Air ForeceForce uitgevoer is, asook twee Amerikaanse lugaanvalle wat deur die USAAF bedags uitgevoer is.
 
Die lugaanvalle het snags op 24 Julie 1943 begin toe Hamburg deur 791 Britse bomwerpers aangeval is. Die Britte het in hierdie nag sogenaamde ''windows'' (dun strepies stanniool- of tinfoelie met 'n lengte van 24,8 en 'n wydte van 2 sentimeter) oor die stadsgebied afgewerp wat die Duitse lugafweer se radarstelsel nutteloos gemaak het.<ref>Schütt, Ernst Christian: ''Chronik Hamburgs''. Dortmund: Chronik Verlag 1991, bl. 484</ref> Die mikpunt van die aanval was die St.-Nikolai-kerk in die middestad, maar as gevolg van foutiewe markerings is 'n uitgestrekte gebied deur die aanval geraak. Nogtans het grootskaalse brande in die binnestad in Hoheluft, Eimsbüttel en Altona uitgebreek. Ook 'n aantal voorstede in die noordweste is deur die lugaanval geraak. Die lugbeskermingsdiens het die aantal slagoffers wat gedood is op sowat 1&nbsp;500 mense beraam.<ref>Brunswig, Hans: ''Feuersturm über Hamburg''. Stuttgart 1978, bl. 206</ref>
37

wysigings