Verskil tussen weergawes van "Demokratiese ontwikkeling as uitvloeisel van industrialisering"

geen wysigingsopsomming nie
Die moderne wêreld is heeltemal anders as die wêreld van die tweede helfte van die agttiende eeu. Die Industriële Omwenteling wat in [[Brittanje]] begin het, het 'n omwenteling op nywerheidsgebied in daardie land teweeggebring en daarna na die Europese vasteland, die Verenigde State en vervolgens na ander lande van die wêreld uitgebrei. Sy uitwerking op die moderne beskawing was verreikend. Nie alleen is die produksiemetodes in die nywerhede en die landbou radikaal verbeter nie, maar die hele houding van die mensdom jeens die werkgewer en die werknemer en die welsyn van die werknemer is verander.
 
==Die Industriële Omwenteling en Demokrasie in Brittanje==
 
Die denkbeelde van die Franse Rewolusie het ontwikkel en oor Europa versprei. Tegelykertyd is Groot-Brittanje se industriële bedrywighede ingrypend deur 'n nuwe beweging beïnvloed wat in werklikheid voor die Franse Rewolusie sy verskyning gemaak het.
53

wysigings