Sporades
Die Sporades of Noord-Sporades (Grieks: Βόρειες Σποράδες, vories spoˈraðes; Latyn: Vóries Sporádhes) is 'n argipel aan die ooskus van Griekeland, noordoos van die eiland Euboea,[1] in die Egeïese See. Die argipel bestaan uit 24 eilande, waarvan vier permanent bewoon word: Alonnisos, Skiathos, Skopelos en Skyros.[1]
Etimologie
wysig"Sporades" beteken "verstrooide" (vergelyk met die woord "sporadies"). Van die Klassieke Oudheid af verwys die naam na die Egeïese eilande buite die sentrale argipel, die Kuklades.
Geografie
wysigIn die moderne geografie is daar vyf groepe Sporades:
- Thessaliese Sporades (Θεσσαλικές Σποράδες) of Noord-Sporades. Van omstreeks 1960 af verwys die term "Sporades" hoofsaaklik na dié eilande:
- Skopelos
- Alonnisos
- Skiathos
- Skyros
- Kyra Panagia
- Peristera
- Gioura
- Skantzoura
- Piperi
- Tsougria
- Thrakiese Sporades (Θρακικές Σποράδες): Thasos, Samothrace, Imbros, Lemnos en Agios Efstratios
- Wes-Sporades (Δυτικές Σποράδες): Salamis, Aigina, Poros, Hydra, Spetses en ander
- Oos-Sporades (Ανατολικές Σποράδες): die eilande van die Oos- en Noordoos-Egeïese See, naby die kus van Klein-Asië: Samos, Ikaria, Lesbos, Chios, Tenedos, Psara, Oinousses en ander kleiner eilandgroepe
- Suid-Sporades (Νότιες Σποράδες): Dodekanesos
Administrasie
wysigDie streekseenheid Sporades (Περιφερειακή Ενότητα Σποράδων) word in drie munisipaliteite verdeel:[2]
- Skiathos
- Skopelos
- Alonnisos
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 "Skyros - Britannica Concise" (beskrywing), Britannica Concise, 2006, webtuiste: EB-Skyros
- ↑ "ΦΕΚ A 87/2010, Kallikratis reform law text" (in Grieks). Government Gazette.
Skakels
wysig- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.