Middel-Nefkarivier
(Aangestuur vanaf Srednaja Nefka)
Die Middel-Nefkarivier of Srednaja Nefka (Russies: Сре́дняя Не́вка) is een van die sytakke van die Newarivier by Sint Petersburg, Rusland.
Middel-Nefkarivier (Сре́дняя Не́вка) | |
---|---|
Die Srednaja Nefka. | |
Monding | Groot-Newarivier in die Golf van Finland |
Stroomgebied | Sint Petersburg, Rusland |
Lengte | 2,6 km |
Dit is geleë tussen Jelagin-, Kamenni- en Krestofski-eiland en vloei uit in die Newa-baai.[1] Die rivier is sowat 2,6 km lank en tot 8,4 meter diep, en die breedte wissel van 100 tot 230 meter. Die 1ste en 2de Jelagin-brug loop oor die Srednaja Nefka.
Verwysings
wysig- ↑ Y. P. Seliverstov. "Srednaya Nevka". Saint Petersburg Encyclopaedia. URL besoek op 2009-06-17. [dooie skakel]