Staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek
Wikimedia lysartikel
Die Staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) was die belangrikste administratiewe beampte van daardie republiek, amptelik bekend as die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR).
Lys van staatsekretarisse van die Zuid-Afrikaansche Republiek
wysigPersoon | Ampstermyn | Opmerking | |
---|---|---|---|
Willem Bok | 1880 – 10 Januarie 1889 | 1ste Staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek | |
Willem Johannes Leyds | 10 Januarie 1889 - 31 Mei 1898 | 2de Staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek | |
Cornelis van Boeschoten | (April–Julie 1897) | Waarnemend Staatsekretaris vir Willem Johannes Leyds tydens sy uitgebreide besoek aan Europa [1] | |
Francis William Reitz | 31 Mei 1898 – 31 Mei 1902 | 3de Staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek. In die lig van die agteruitgang van die betrekkinge met die Britte, is besluit dat dit polities beter sou wees om 'n Afrikaner as Staatsekretaris te hê as 'n Nederlander, en daarom word Reitz in die pos aangestel. Leyds het as gesant van die ZAR na Europa vertrek, 'n posisie wat hy tot aan die einde van die oorlog beklee het. |
Verwysings
wysig- ↑ Marais 1961, p. 152.
Bronne
wysig- Marais, J. C. (1961). The Fall of Kruger's Republic. Oxford: Clarendon Press. OCLC 879210343.
Eksterne skakels
wysig- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.