Staten-eiland
Staten-eiland is 'n eiland wat deel vorm van New York. Die eiland lê aan die weste kant van die Hudsonrivier se monding, sowat 5 myl (8 km) suidwes van Manhattaneiland. Die eiland het 'n bykans driehoekvorm en is 13,9 myl lank en tot 7,3 myl wyd. Aan die westekant is die Arthur Killrivier, aan die noord en noorweste is die Kill Van Kullrivier. Aan die ooste is die Hudsonrivier met die Atlantiese Oseaan wat die suidoos grens vorm.
Staten Island Staten-eiland | |
---|---|
Borough | |
Uitsig vanaf die Verrazano-Narrows-brug oor Staten-eiland | |
Kaart van New York wat Staten-eiland in oranje aandui. | |
Koördinate: 40°34′35″N 74°8′42″W / 40.57639°N 74.14500°W | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | New York |
County | Richmond |
Stad | New York Stad |
Stigting | 1661 |
Regering | |
• Tipe | Borough (Stadsdeel) |
• President van die Stadsdeel | James Oddo (R) |
• Prokureur van die Distrik | Daniel M. Donovan, Jr. |
Oppervlak | |
• Totaal | 265,5 km2 (102,50 vk. myl) |
• Land | 151,5 km2 (58,48 vk. myl) |
• Water | 114,0 km2 (44,02 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 472 621 |
• Digtheid | 3 131,9/km2 (8 111,7/vk. myl) |
Tydsone | UTC-5 (OST) |
• Somertyd | UTC-4 (ODT) |
Poskode | 10301–10314 |
Skakelkodes | 347, 718, 917, 929 |
Webwerf | www.statenislandusa.com |