Stefan Ludik
Stefan Ludik (gebore 5 April 1981) is 'n Namibiese musikant, TV-persoonlikheid, akteur en voormalige krieketspeler van Windhoek. Hy was die eerste deelnemer wat Namibië in die werklikheidsreeks Big Brother Africa verteenwoordig het. Hy is 'n gewilde Afrikaanse sanger en akteur.[1]
Stefan Ludik | |
---|---|
Ook bekend as | Elvis se Seun |
Gebore | 5 April 1981 |
Beroep(e) | Musikant, akteur |
Instrumente | Stem |
Webwerf | stefanludik.co.za |
Biografie
wysigLudik is op 5 April 1981 gebore. Sy pa, Paul, is 'n forensiese wetenskaplite en sy ma, Susan, 'n assuransiemakelaar. Hy het 'n jonger broer, Hugo, ook 'n voormalige krieketspeler wat in die musiekbedryf betrokke is.
Ná matriek verteenwoordig hy Namibië se o/19 krieketspan by die wêreldbeker in Sri Lanka. Daarna is hy na Duitsland, waar hy as konstruksiewerker gewerk het. Met sy terugkeer kwalifiseer hy homself in die forensiese wetenskappe en begin sy eie onderneming in 2000, genaamd Invictus Intelligence.[2]
In 2003 skryf hy in vir die Big Brother Africa-werklikheidsreeks. Hy was die eerste deelnemer van Namibië wat aanvaar is en ook die enigste wit deelnemer in die huis. Kort daarna maak hy sy debuut as akteur in Haak en Steek saam met Casper de Vries. Die daaropvolgende jaar vertolk hy die rol van Werner Krantz in M-Net se Egoli: Plek van Goud.
Filmografie
wysig- Big Brother Africa, seisoen 1, 2003
- Haak en Steek, 2003
- Egoli: Plek van Goud, as Werner Krantz, 2004–2007
- Transito, as François Brink, 2008
- Binnelanders/Binneland, as Gustav Kemp, 2012–2014
- Jimmy in pienk, 2013
Diskografie
wysig- Liggroen Doringbome, 2005 (as Stefan Ludik)
- Vuur en Water, 2007
- Burn This Town, 2010 (as Ludik)
- Disappear, 2013, Mango & André Frauenstein met Ludik
- Boererock, 2014 (as Elvis Se Seun)
Verwysings
wysig- ↑ Stefan Ludik. TVSA: The South Africa TV Authority. Besoek op 4 Junie 2015.
- ↑ Stefan Ludik se profiel, tvsa.co.za, besoek op 26 Augustus 2015
Eksterne skakels
wysig- Amptelike webtuiste Geargiveer 15 September 2008 op Wayback Machine
- Ludick se profiel op cricketarchive.com
- Stefan Ludik in die Internet-rolprentdatabasis