Steynsdorp
Steynsdorp was 'n klein dorpie in Mpumalanga, Suid-Afrika. Dit is egter deesdae 'n spookdorp.
Steynsdorp | |
---|---|
Dorpie | |
Koördinate: 26°8′0″S 30°59′0″O / 26.13333°S 30.98333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distriksmunisipaliteit | Gert Sibande |
Plaaslike Munisipaliteit | Albert Luthuli |
Bevolking | |
• Totaal | 585 |
• Swart inwoners | 100% |
Tydsone | SAST |
Geskiedenis
wysigDie dorp het sy ontstaan en ondergang te danke aan goud. In Julie 1885 het die prospekteerders Jim Painter en Frank Austen spoelgoud hier ontdek. In April 1886 was daar reeds 800 delwers in Painter's Camp soos die delwery genoem is. Gedurende 1886 het kommandant JP Steyn die delwerye besoek en die naam is verander na Steynsdorp, ter ere aan hom. 'n Dorp is gou uitgemeet en in 1887 geproklameer. Teen dié tyd het die dorp 'n bevolking van 3 000 gehad. Die goud was maar min en moeilik om uit te haal en vinnig het die dorp agteruitgegaan; veral toe goud aan die Witwatersrand ontdek is.
Vandag
wysigAl wat van die dorpie oorgebly het is een winkel. Dit is nog moontlik om die fondasies van geboue en strate in die veld te sien.