Suid-Afrikaanse Klas NG G12 2-6-2+2-6-2
Die Suid-Afrikaanse Klas NG G12 2-6-2+2-6-2 van 1927 is 'n Suid-Afrikaanse stoomlokomotief van die Suid-Afrikaanse Spoorweë-era.
Die Klas NG G12 no. 57, ongeveer 1930 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Beyer, Peacock and Company |
Vervaardiger | Société Franco-Belge |
Serienommer | BP 6365-6366, FB 2506-2507 [1][2] |
Model | Klas NG G12 |
Klas | Klas NG G12 |
Vervaardig | 1927 |
Aantal gebou | 2 |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 2-6-2+2-6-2 "Dubbel Prairie" Garratt |
Spoorbreedte | 610 mm (2 vt) smalspoor |
Voorwielomtrek | 533 mm (21 dm) |
Dryfwielomtrek | 762 mm (30 dm) |
Agterwielomtrek | 533 mm (21 dm) |
Wielbasis | Totaal: 12.192 m Enjins: 1.753 m gekoppel 3.848 m in totaal |
Lengte | 13.970 m |
Hoogte | 3.048 m |
Raamwerk | Plaatraam, 6.401 m tussen spilpunte |
Asbelasting | 3.8 t per dryfwiel |
Massa op dryfwiele | 22.9 t |
Lokomotiefmassa | 36.6 t |
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Brandstofkapasiteit | 2.0 t |
Waterkapasiteit | 3 600 ℓ (800 gelling) voor 910 ℓ (200 gelling) agter |
Stoomketel | 1.076 m (3.6 vt) binnediameter 2.591 m binnelengte |
Stoomketeldruk | 1 240 kPa |
Vuurroosteroppervlak | 0.975 m2 |
73 buise 44.4 mm diameter 10 buise 133 mm diameter 35.164 m2 | |
– Vuurkas | 4.181 m2 |
39.344 m2 | |
Oorverhitteroppervlak | 9.058 m2 |
Silinders | Vier |
Silindergrootte | 216 mm (8 1/2 dm) boor 406 mm (16 dm) slag |
Klepwerk | Walschaerts |
Werkverrigting | |
Trekkrag | 46 kN (10 400 lbk) teen 75% keteldruk |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë [3] |
Aantal in klas | 2 |
Vlootnommer(s) | 56-57 |
Afleweringsdatum | 1927 |
Eerste tog | 1927 |
Onttrekkingsdatum | 1952 |
In 1927 het die Suid-Afrikaanse Spoorweë twee Klas NG G12 Garratt geartikuleerde stoomlokomotiewe met 'n 2-6-2+2-6-2 "Dubbel Prairie"-tipe wieluitleg in diens geplaas. Hulle was die kleinste Garrattlokomotiewe om diens te doen in Suid-Afrika.[3][4]
Die Suid-Afrikaanse Spoorweë (SAR) het 'n bestelling geplaas vir twee liggewig smalspoor Garrattlokomotiewe by Beyer, Peacock and Company in 1927. Beyer, Peacock het toe die bouwerk sub-gekontrakteer en die twee lokomotiewe is gelewer deur die Belgiese lokomotiefbouers Société Franco-Belge, later in 1927. Hulle is afsonderlike werksnommers toegeken deur Beyer, Peacock asook Franco-Belge, en is genommer as NG56 en NG57 met dienslewering.[1][2][4]
Die lokomotiewe was superverhit, met buiteplaatrame, Walschaerts-klepratwerk en ronde boonste vuurkaste. Ontwerp vir ligte 20 pond per jaart (9,9 kilogram per meter) spoor, was hulle lig van konstruksie en baie gewild onder die meganikusse wat hulle in stand gehou het.[4]
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suid-Afrikaanse Klas NG G12 2-6-2+2-6-2.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Hamilton, Gavin N., Garratt Locomotives produced by Beyer Peacock. Geargiveer 10 April 2013 op Wayback Machine URL besoek op 16-11-2014
- ↑ 2,0 2,1 Hamilton, Gavin N., Other Garratt builders. Geargiveer 3 Maart 2016 op Wayback Machine URL besoek op 16-11-2014
- ↑ 3,0 3,1 South African Railways and Harbours Narrow Gauge Locomotive Diagram Book, 2’0” Gauge, S.A.R. Mechanical Dept. Drawing Office, Pretoria, 28 November 1932
- ↑ 4,0 4,1 4,2 Paxton, Leith; Bourne, David (1985). Locomotives of the South African Railways (1ste uitg.). Kaapstad: Struik. ISBN 0869772112. pp. 106-107, 110.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |