Swaruk
(Aangestuur vanaf Suidwes-Afrikaanse Raad vir die Uitvoerende Kunste)
Die Suidwes-Afrikaanse Raad vir die Uitvoerende Kunste (afgekort as Swaruk of SWARUK) was ’n staatsgesubsidieerde raad vir die uitvoerende kunste in Suidwes-Afrika (nou Namibië). Dit is in 1966 gestig en was geskoei op die Suid-Afrikaanse model van streekskunsterade.[1] Dit was deel van die Suid-Afrikaanse groep van rade en het dieselfde doelstellings gehad.
In 1973 het Swaruk die Windhoek-teater begin gebruik wat aanvanklik in 1960 gebou is, nadat dit vergroot en verbeter is. Later is ’n werksessie-teater en ’n buitelugruimte bygevoeg.
Toe Suidwes in 1990 onafhanklik word, het die raad ook onafhanklik geword en is dit hernoem na die Nasionale Teater van Namibië.
Verwysings
wysig- ↑ Swaruk, The Encyclopaedia of South African Theatre, Film, Media and Performance URL besoek op 1 Maart 2013