Susan Abigail Sarandon (gebore Tomalin; 4 Oktober 1946)[1] is ’n Amerikaanse aktrise. Sy het ’n Oscar en Bafta gewen en is ook bekend vir haar sosiale en politieke aktivisme. Sy is in 1999 aangestel as ’n Unicef-welwillendheidsambassadeur en het in 2006 die Action Against Hunger Humanitêre Prys ontvang.

Susan Sarandon
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Sarandon in 2008.

Geboortenaam Susan Abigail Tomalin
Geboorte 4 Oktober 1946 (1946-10-04) (78 jaar oud)
Manhattan, New York, New York, Verenigde State
Aktiewe jare 1970-tans

Loopbaan

wysig

Sarandon het haar loopbaan in 1970 in die prent Joe begin voordat sy in die televisiesepie A World Apart (1970–71) was. Sy was in 1975 te sien in die kultusfliek The Rocky Horror Picture Show (1975), wat die langste speeltyd van alle prente nog gehad het. Sy is vir ’n Oscar vir beste aktrise benoem vir Atlantic City (1980), Thelma & Louise (1991), Lorenzo's Oil (1992) en The Client (1994), voordat sy dit gewen het vir Dead Man Walking (1995), waarin sy saam met Sean Penn speel. Sy het ook die Bafta vir The Client gewen en die Screen Actors Guild Award vir Dead Man Walking.

Sy het haar Broadway-debuut in 1972 in An Evening with Richard Nixon gemaak en is benoem vir ’n Drama Desk Award vir A Coupla White Chicks Sitting Around Talking (1979) en Extremities (1982).

Sy is vyf keer benoem vir ’n Emmy vir haar TV-werk, onder meer vir haar gasrolle in Friends (2001) en Malcolm in the Middle (2002), en die TV-prente Bernard and Doris (2007) en You Don't Know Jack (2010). Sy het in 2009 na Broadway teruggekeer vir Exit the King.

Sarandon se ander rolprente sluit in Pretty Baby (1978), The Hunger (1983), The Witches of Eastwick (1987), Bull Durham (1988), Little Women (1994), Stepmom (1998), Enchanted (2007), The Lovely Bones (2012) en Tammy (2014).

Verwysings

wysig
  1. Bernice, Janet (Maart–April 2007). "Susan Catches Wales". Ancestry Magazine. Besoek op 27 Maart 2011.

Eksterne skakels

wysig