SweepSouth is 'n Suid-Afrikaanse startup-aanlynplatform wat kliënte in staat stel om domestiese skoonmaakdienste aanlyn te bestel. SweepSouth verbind skoonmakers met kliënte wat in dieselfde geografiese area is.

SweepSouth is in Junie 2014 deur die egpaar Aisha Pandor en Alen Ribic gestig en word deur hulle bedryf. 70% van skoonmakers wat op SweepSouth se platform geregistreer is, is werkloos. Skoonmakers verdien op SweepSouth 70%-80% van die totale fooi wat aan verbruikers gefaktureer word en verdien meer as twee maal die nasionale minimumloon. Nes Uber taxibestuurders en kliënte in staat stel om mekaar na afloop van 'n rit te gradeer, stel SweepSouth skoonmakers en kliënte in staat om terugvoer oor mekaar te gee.

SweepSouth word finansieel deur die waagkapitaalvoorsieners EdgeGrowth en Newton Partners gesteun. Die Suid-Afrikaanse DJ Black Coffee is ook 'n belegger.

Eienaars

wysig

Beide eienaars Aisha Pandor en Alen Ribi is alumni van die 500 Startups-versneller in San Francisco. SweepSouth is die eerste Suid-Afrikaanse startup om aan hierdie program deel te neem.

Bronne

wysig
  • "Entrepreneur: SweepSouth cofounder Aisha Pandor". Besoek op 18 Junie 2018.
  • "SweepSouth brings the microjob trend to the cleaning sector - SME". 10 Oktober 2014. Besoek op 18 Junie 2018.
  • "Sweep South concludes Series-A round with Black Coffee for 'seven-figure' sum – Ventureburn". 9 Mei 2017. Besoek op 18 Junie 2018.
  • "SweepSouth becomes first SA startup to join Silicon Valley's 500 Startups programme – Ventureburn". 3 Augustus 2015. Besoek op 18 Junie 2018.
  • "[LISTEN] How much does Sweepsouth pay its domestic workers?". CapeTalk. Besoek op 18 Junie 2018.
  • "Domestic labour goes digital". Besoek op 18 Junie 2018.
  • "SweepSouth concludes funding round, plans to grow reach and services". 8 Mei 2017. Besoek op 18 Junie 2018.
  • "SA's On-Demand Cleaning Service SweepSouth Pays R20 million to Workers". 1 September 2017. Besoek op 18 Junie 2018.
  • "SweepSouth concludes Series A financing round". 5 Mei 2017. Besoek op 18 Junie 2018.
  • "Domestic workers clean on their own terms". Besoek op 18 Junie 2018.
  • "Tech and Stuff: SweepSouth and Wumdrop". www.enca.com. Besoek op 18 Junie 2018.[dooie skakel]
  • "Domestic cleaning startup SweepSouth sweeps in R10m – Ventureburn". 25 Januarie 2016. Besoek op 18 Junie 2018.

Eksterne skakels

wysig