Swenirivier
rivier in Suid-Afrika
Die Swenirivier is 'n klein takrivier van die Nwanedzi in die oostelike Nasionale Krugerwildtuin, Mpumalanga, Suid-Afrika. Die rivier ontstaan op die basaltvlaktes suid van Satara-ruskamp, en vloei naby die Lebombo in die Nwanedzirivier. Die rivier het drie bene, almal Sweni genaamd, wat oos- en noordooswaarts vloei in die ooste van die wildtuin.
Swenirivier | |
---|---|
Stroomgebied | Mpumalanga, Suid-Afrika |
Monding | Nwanedzirivier |
Oorsprong-hoogte | 164 m |
Koördinate: 24°28′24″S 31°58′41″O / 24.47333°S 31.97806°O |
Vir voëlliefhebbers is daar 'n netjiesgeboude uitsigpunt oor 'n poel van die Sweni, met 'n stappaadjie net bokant die Nwanedzi-piekniekplek oos van Satara-ruskamp.
Monding
wysigEksterne skakel
wysig- Google-kaart van die Swenirivier se samevloei by Geonames.org (cc-by)