Tête de Moine
Die Tête de Moine (Frans: "Monnikshoof") is 'n halfharde kaas uit die Switserse kanton Jura, wat deur sy fyn deeg gekenmerk word. Anders as gewone kaas word die Tête de Moine nie in skyfies gesny nie, maar met 'n spesiale werktuig – die girolle – in dun rosette geskaaf. Hierdie metode verseker dat 'n buitengewoon groot oppervlakte van die kaas met die lug in aanraking kom, om sodoende die smaak van die kaas volledig te ontwikkel.
Tête de Moine | |
Herkoms | Jura (Switserland) |
Vetgehalte | 51 % |
Vorm | Silindries, deursnee 10-15 cm |
Hoogte | 70 tot 100% van deursnee |
Gewig | 700-900 g |
Tipe | Halfharde kaas |
Oorsprong | Koeimelk |
Die naam Tête de Moine word sedert die jaar 1790 gebruik, die kaas self word egter reeds in 1192 in die klooster Bellelay vervaardig. Met die uitvinding van die girolle, 'n skaafwerktuig wat binne-in die kaas geplaas word om baie dun rosette af te skaaf, word die bemarking van die kaas duidelik bevorder. Die kaas kry in 2001 die Switserse AOC (Appellation d'origine contrôlée) en word dus amptelik as 'n kaas van oorsprong geregistreer.
Eksterne skakels
wysig- Die webwerf van die Tête-de-Moine-kaas
- Fromages Spielhofer SA, Fromagerie de St-Imier – Fabricant de Tête de Moine