Telwoord
Die telwoorde is 'n woordsoort wat betrekking het op getalle.
Soorte telwoorde
wysigTelwoorde word onderverdeel in hooftelwoorde en rangtelwoorde:
Hooftelwoorde
wysigHooftelwoorde dui die hoeveelheid of aantal aan. Dit word in bepaalde en onbepaalde hooftelwoorde verdeel:
Bepaalde hooftelwoorde sê presies hoeveel daar is, bv.
- een, drie, honderd, ens.
Voorbeelde:
- Daar is vier lemoene aan die boom.
- Daar is twintig appels aan die boom.
Onbepaalde hooftelwoorde dui nie presies die aantal aan nie, bv.
- baie, heelwat, weinig, min, verskeie, ens.
Voorbeelde:
- Daar is baie lemoene aan die boom.
- Daar is heelwat appels aan die boom.
Rangtelwoord
wysigRangtelwoord dui 'n volgorde aan. Dit word in bepaalde en onbepaalde rangtelwoorde verdeel:
Bepaalde rangtelwoord dui die presiese volgorde of plek aan, bv.
- eerste (1ste), derde (3de), vyfde (5de), honderdste (100ste), ens.
Voorbeelde:
- Sy is haar ouers se tweede kind.
- Neem die vierde lekker.
Onbepaalde rangtelwoorde dui nie die presiese volgorde of plek aan nie, bv.
- middelste, laaste, soveelste, ens.
Voorbeelde:
- My vriend is die middelste een.
- Dit is die soveelste keer dat hy val.
Eksterne skakels
wysig- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir telwoord.