The Assassination of Jesse James by the Coward Robert Ford
The Assassination of Jesse James by the Coward Robert Ford (2007) is 'n Amerikaanse Wilde Weste- en dramarolprent. Die rolprent is deur Andrew Dominik geregisseer; Brad Pitt vertolk die rol van Jesse James en Casey Affleck dié van Robert Ford. Die rolprent is in Calgary, Edmonton, en Winnipeg verfilm. Die rolprent is aanvanklik beplan om in 2006 vrygestel te word, maar die vrystellingsdatum is na 21 September 2007 uitgestel om tyd te gun vir herafwerking en wysigings. Terwyl die rolprent verteenwoordigers van historiese figure bevat, dramatiseer dit hoofsaaklik die verhouding tussen James en Ford. Die rolprent word as een van die mees histories akkurate weerspieëlings van Jesse James en Robert Ford geag. Selfs James se afstammelinge het die optredes meer realisties en waar, as die dosyne weergawes wat hierdie rolprent voorafgegaan het, gevind.[2]
The Assassination of Jesse James by the Coward Robert Ford | |
---|---|
Regisseur | Andrew Dominik |
Produksieleier | Ridley Scott Jules Daly Brad Pitt Dede Gardner David Valdes |
Draaiboek | Draaiboek: Andrew Dominik Roman: Ron Hansen |
Verteller | Hugh Ross |
Met | Brad Pitt Casey Affleck Mary-Louise Parker Sam Shepard Sam Rockwell |
Musiek deur | Nick Cave Warren Ellis |
Kinematografie | Roger Deakins |
Redigeerder | Dylan Tichenor Michael Kahn |
Verspreider | Warner Bros. |
Uitgereik | VSA: 21 September 2007 VK: 30 November 2007 |
Speeltyd | 160 minute |
Land | VSA |
Taal | Engels |
Begroting | VS$30 miljoen[1] |
IMDb-profiel |
Verwysings
wysig- ↑ "Two Sams join Brad Pitt's movie cast". Calgary Sun. 31 Augustus 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Januarie 2006. Besoek op 9 Mei 2007.
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Februarie 2012. Besoek op 9 Julie 2009.