The Bluest Eye
The Bluest Eye is die eerste roman van die Amerikaanse skrywer Toni Morrison wat die eerste keer in 1970 gepubliseer is. Dit was geskryf in 'n tydperk van Morrison se lewe toe sy by Howard Universiteit klas gegee het en haar twee seuns alleen grootgemaak het. As gevolg van die roman se kontroversiële temas van rassisme, bloedskande en kindermolestering was daar alreeds verskeie pogings om die boek uit biblioteke en skoolsillabusse te verban.
The Bluest Eye
| |
---|---|
Skrywer | Toni Morrison |
Land | Verenigde State |
Taal | Engels |
Genre | Afro-Amerikaanse literatuur |
Uitgewer | Holt, Rinehart and Winston |
Uitgegee | 1970 |
Medium | Druk (gebind & sagteband) |
Bladsye | 224 |
ISBN | 978-0-375-41155-7 |
Die Steppenwolf Theatre Company in Chicago, Illinois, het 'n dramatiese verwerking van die roman deur Lydia R. Diamond in 2005 en 2006 op die planke gebring.