The Chestnut Man
The Chestnut Man (Deens: Kastanjemanden) is 'n Deense polisiemisdaadreeks vir televisie wat op 29 September 2021 op Netflix begin wys het. Dit is geskep deur Dorte Warnøe Hagh, David Sandreuter en Mikkel Serup, geregisseer deur Kasper Barfoed en Mikkel Serup, en gebaseer op die boek met dieselfde naam deur Søren Sveistrup. Danica Curcic en Mikkel Boe Følsgaard vertolk die rolle van Naia Thulin en Mark Hess, wat die moord op verskeie vroue ondersoek wat 'n geheimsinnige kastaiingfiguur behels wat op die misdaadtonele gevind word.[1][2]
The Chestnut Man | |
Danica Curcic vertolk die rol van speurder Naia Thulin. | |
Ook bekend as | Kastanjemanden (Deens) |
---|---|
Genre | Drama Polisieverhaal |
Geskep deur |
|
Geregisseer deur |
|
Met |
|
Oorsprong | Denemarke |
Taal | Deens, oorgeklank in Engels |
Aantal seisoene | 1 |
Aantal episodes | 6 |
Produksie | |
Uitvoerende vervaardiger(s) |
|
Vervaardiger(s) |
|
Venue(s) | Kopenhagen, Denemarke |
Kinematografie |
|
Produksiemaatskappy | SAM Productions |
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | Netflix |
Oorspronklike lopie | 29 September 2021 |
Storielyn
wysigThe Chestnut Man begin met die vonds van 'n vermoorde gesin in 1987 op 'n afgeleë plaas. Meer as 30 jaar later word 'n vrou op 'n speelterrein in die hedendaagse Kopenhagen vermoor gekry met een van haar hande vermis. Speurder Naia Thulin kry die taak om die geval te ondersoek. Sy en haar teensinnige nuwe polisiemaat, Mark Hess, ontdek 'n klein figuurtjie van 'n kastaiing gemaak langs die liggaam. 'n Geheimsinnige bewys word gou aan die kastaiingman ontdek: die vingerafdruk van 'n vermiste meisie, die dogter van die politikus Rosa Hartung.[3][4]
Rolverdeling
wysigDie belangrikste karakters en akteurs is:
- Danica Curcic is Naia Thulin, 'n speurder van die Kopenhaagse polisie.[5]
- Mikkel Boe Følsgaard is Mark Hess, 'n speurder van Europol wat tydelik na Kopenhagen terugkeer.
- David Dencik is Simon Genz, 'n forensiese werker.
- Lars Ranthe is Nylander, Thulin se baas.
- Iben Dorner is Rosa Hartung, die Deense minister van maatskaplike aangeleenthede wie se dogter, Kristine, verdwyn het.
- Louis Næss-Schmidt is haar man, Gustav Hartung.
Episodes
wysigSeisoen | Episodes | Uitgereik | |
---|---|---|---|
1 | 6 | 29 September 2021 |
Ontvangs
wysigThe Chestnut Man het oor die algemeen positiewe resensies gekry en op Rotten Tomatoes 'n goedkeuringsyfer van 100%.[6] Resensente het dit beskryf as "aangrypend" en "grusaam".[7]
Verwysings
wysig- ↑ Miska, Brad (7 September 2021). ""The Chestnut Man": Netflix Summons New Horror Series September 29th [Images]". Bloody Disgusting! (in Engels (VSA)). Besoek op 8 September 2021.
- ↑ "'The Chestnut Man': The Latest Danish Netflix Obsession Is Like Watching a Bestselling Mystery Novel". indiewire.com. 1 Oktober 2021. Besoek op 11 Oktober 2021.
- ↑ Scott, Sheena. "'The Chestnut Man': Chilling New Nordic Noir Series on Netflix". Forbes. Besoek op 1 Oktober 2021.
- ↑ "The Chestnut Man – Netflix Official Site". Netflix. 29 September 2021. Besoek op 23 Oktober 2021.
- ↑ Scott, Sheena. "'The Chestnut Man': Netflix Drops First Teaser of Upcoming Nordic Noir Series". Forbes (in Engels). Besoek op 21 Junie 2021.
- ↑ "The Chestnut Man". Rotten Tomatoes (in Engels). Besoek op 13 November 2021.
- ↑ "The Chestnut Man, Netflix, review: Gripping and gruesome – exactly what you expect from The Killing creators". iNews UK. 29 September 2021. Besoek op 23 Oktober 2021.
Skakels
wysig- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.