The Dop Doctor
The Dop Doctor, ook bekend as The Love Trail of The Terrier and the Child,[1][2] is 'n Suid-Afrikaanse dramarolprent van 1915/16 geregisseer deur Fred Paul.[1] Dit is gebaseer op die boek, The Dop Doctor, deur Clotilde Graves. Die rolprent beeld die beleg van Mafeking uit tydens die Tweede Vryheidsoorlog deur die verhaal van 'n weesmeisie wat lief is vir 'n soldaat, maar met 'n verbanne dokter getroud is.[2]
'The Dop Doctor' | |
---|---|
Regisseur | Fred Paul en L.C McBean |
Produksieleier | Samuelson Film Manufacturing Company |
Draaiboek | Harry Engholm van die boek deur Richard Dehan (Clotide Graves) |
Land | Suid-Afrika en Verenigde State |
Taal | Stilprent Engels |
Die rolprent is bekend omdat dit die eerste Suid-Afrikaanse rolprent was wat verbied of gesensor word. Die regering van premier Louis Botha het die rolprent verbied onder die Wet op die Verdediging van die Ryk[3], aangesien “die film die Boere verkeerdelik as verneukers en immoreel voorstel”.[4]
Rolverdeling
wysig- Fred Paul as Dr. Owen Saxham
- Agnes Glynne as Lynette Mildare
- Bertram Burleigh as Lord Beauvais
- Booth Conway as Abraham Bough
- Minna Grey as Moeder Superior
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 "The Dop Doctor (1915)". BFI (in Engels). Besoek op 20 Oktober 2020.
- ↑ 2,0 2,1 "The Dop Doctor". 21 Januarie 1916. Besoek op 20 Oktober 2020.
- ↑ Parsons, Neil (1 September 2013). "Nation-Building Movies Made in South Africa (1916–18): I.W. Schlesinger, Harold Shaw, and the Lingering Ambiguities of South African Union". Journal of Southern African Studies. pp. 641–659. doi:10.1080/03057070.2013.827003. Besoek op 20 Oktober 2020.
- ↑ ""The Dop Doctor."". Argus (Melbourne, Vic. : 1848 - 1957). 17 Junie 1916. p. 19. Besoek op 20 Oktober 2020.
Eksterne skakels
wysighttp://www.gutenberg.org/ebooks/27966 Die boek waarop die rolprent gebaseer is.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.