The Sweetest Dream
The Sweetest Dream is 'n roman van Doris Lessing wat die eerste keer in 2001 gepubliseer is. Die roman se intrige speel af in Londen en 'n fiktiewe Afrika-land wat op Zimbabwe geskoei is, gedurende die 1960s, 1970s en 1980s. Lessing het hierdie roman geskryf in die plek van 'n beplande derde volume tot haar outobiografie, wat in dieselfde tydvak en ruimte sou afspeel, omdat sy sekere weerlose individue wat deelgeneem het aan haar lewensnarratief wou beskerm teen onnodige openbaring en betragting.
The Sweetest Dream
| |
---|---|
Skrywer | Doris Lessing |
Land | Verenigde Koninkryk |
Taal | Engels |
Genre | Roman |
Uitgewer | Flamingo |
Uitgegee | 2001 |
Medium | Druk (gebind & sagteband) |
ISBN | 0-00-655230-7 |