The Word for World Is Forest
The Word for World Is Forest is 'n wetenskapsfiksie-novelle deur die skrywer Ursula K. Le Guin wat die eerste keer in 1972 as deel van die keurversameling Again, Dangerous Visions gepubliseer is. In 1976 is dit as aparte boek deur Berkley Books gepubliseer.
The Word for World Is Forest
| |
---|---|
Skrywer | Ursula K. Le Guin |
Omslagontwerper | Richard M. Powers |
Land | Verenigde State |
Taal | Engels |
Reeks | Hainish Cycle |
Genre | Wetenskapsfiksie |
Uitgewer | Berkley Books |
Uitgegee | 1976 |
Medium | Druk (gebind & sagteband) |
Bladsye | 189 |
ISBN | 0-399-11716-4 |
Voorloper | The Left Hand of Darkness |
Vervolg | The Dispossessed |
Hierdie novelle kommunikeer sterk anti-imperialistiese en anti-militaristiese temas, weens Le Guin se negatiewe reaksie teenoor die Viëtnamoorlog. Verder ondersoek dit temas wat te doen het met ekologiese sensitiwiteit en beskerming, asook die verbintenisse tussen taal en kultuur.
Dit het die Hugo Award in 1972 gewen.