Tom Tailor
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die TOM TAILOR GROUP is 'n houermaatskappy vir 'n reeks mode-ondernemings wat hul produkte onder die handelsmerke Tom Tailor en Bonita bemark. Die aandelemaatskappy, wat sy hoofkwartier in Hamburg-Niendorf, Duitsland het, spits hom op mode en bybehore in die middelpryssegment vir mans, vroue, jong volwassenes en kinders toe.
TOM TAILOR GROUP | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 26 Januarie 1962 |
Hoofkantoor | Niendorf, Hamburg, Duitsland |
Gebied bedien | Europa en ander |
Industrie | Tekstiel- en meubelbedryf |
Produkte | Mode, bybehore, horlosies, meubels |
Inkomste | 932 miljoen € (2014) |
Werknemers | 6 500 |
Webwerf | Tom Tailor |
Die Tom Tailor-groep is tans een van die voorste en snelgroeiendste mode- en leefstylondernemings in Europa wat sy bedrywighede in 2009 ook na die meubelmark uitgebrei het. Sy produkte word in 35 lande in eie en konsessiewinkels, in afdelings- en aanlynwinkels aangebied.