Tommy Lee Jones
Tommy Lee Jones (gebore op 15 September 1946)[1][2] is ’n Amerikaanse akteur en rolprentmaker. Hy het vier Oscar-benoemings gekry, en het een gewen vir beste manlike byspeler vir sy spel in die 1993-riller The Fugitive.
Tommy Lee Jones | |
Jones in 2005 by die Cannes-rolprentfees.
| |
Geboorte | 15 September 1946 |
---|---|
Aktiewe jare | 1970-tans |
Sy ander noemenswaardige rolle was in die TV-minireeks Lonesome Dove, die Men in Black-fliekreeks, en in die prente No Country for Old Men, Batman Forever, Under Siege, Man of the House en Natural Born Killers. Hy het ook al werklike mense uitgebeeld soos die sakeman Howard Hughes, die Kongreslid Thaddeus Stevens, die tereggestelde moordenaar Gary Gilmore en die basketbalheld Ty Cobb.
Verwysings
wysig- ↑ "Tommy Lee Jones Biography (1946–)" (in Engels). Filmreference.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2019. Besoek op 16 Mei 2012.
- ↑ Weinraub, Bernard (1 Augustus 1993). "FILM; Tommy Lee Jones Snarls His Way to the Pinnacle". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Augustus 2019. Besoek op 28 Maart 2010.