Tonnels van Củ Chi
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die tonnels van Củ Chi is 'n stelsel van tonnels 70 km noordwes van Saigon (nou Ho Chi Minh-stad), Viëtnam. Die tonnels was oorspronklik langer as 200 km, maar slegs 120 km daarvan word nou bewaar.
Die Viëtkong, of Nasionale Bevrydingsfront, het die tonnels tydens die Viëtnamoorlog gebou. Daar was onder meer hospitale, kombuise, slaapkamers, vergaderplekke en arsenale. Viëtkong het die tonnels onder meer as wegkruipplek gebruik en dit het ’n groot rol gespeel in hul sukses teen die Amerikaanse magte. In 1968 het Viëtkong Saigon van die tonnels af aangeval. Vandag is dit 'n toeriste-attraksie.