Tortellini, ook bekend as giorgio of ombelico, is ’n ring- of naeltjievormige pasta.[2] Dit word gewoonlik gevul met ’n mengsel van vleis of kaas. Dit het sy oorsprong in die Italiaanse streek Emilia (veral Bologna en Modena). Dit word gewoonlik in ’n helder sop van óf bief óf hoender voorgesit.[3]

Tortellini
Die besonderse vorm van tortellini.
Die besonderse vorm van tortellini.
Soort gereg Pasta
Land Vlag van Italië Italië
Streek Emilia
Hoofbestanddeel Meel, eiers
Soortgelyke geregte Tortelloni
Energie, voedingswaarde (per 100 g)
Kalorieë 307[1]
Kilojoules 1 285
Proteïen 13,5 g[1]
Vet 7,23 g[1]
Koolhidrate 47 g[1]
Tortellini in ’n sop.

Tortelloni is soortgelyk, maar groter – gewoonlik sowat 5 g teenoor 2 g vir tortellini.[4] Tortelloni word voorgesit met ’n kaas- of groentevulsel; vleisvulsels is minder algemeen. Dit word ook selde in ’n sop gebruik.

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Tortellini Nutrition data". USDA. USDA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Maart 2016. Besoek op 30 September 2015.
  2. The Oxford Companion to Italian Food by Gillian Riley
  3. "Official "Order of the Tortellino" Recipe for Tortellini". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2013. Besoek op 13 September 2017.
  4. Barilla US (manufacturer) FAQ

Eksterne skakels

wysig