Toy Boy (TV-reeks)
Toy Boy is 'n Spaanse drama vir televisie met Jesús Mosquera, Cristina Castaño en María Pedraza.[1] Dit is die eerste keer in September 2019 op FesTVal en Atresplayer Premium gewys voordat dit op 25 September 2019 op Antena 3 verskyn het.[2]
Toy Boy | |
Jesús Mosquera vertolk die rol van Hugo Beltrán. | |
Genre | Drama Riller |
---|---|
Geskep deur |
|
Geregisseer deur |
|
Met |
|
Openingstema | "Set You Free" deur Reyko |
Oorsprong | Spanje |
Taal | Spaans, oorgeklank in Engels |
Aantal seisoene | 2 |
Aantal episodes | 21 |
Produksie | |
Uitvoerende vervaardiger(s) |
|
Venue(s) | Costa del Sol |
Produksiemaatskappy |
|
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | Atresplayer Premium |
Oorspronklike lopie | 8 September 2019 | – 21 November 2021
Storielyn
wysigDie verhaal speel in Costa del Sol af.[3] Hugo Beltrán (Jesús Mosquera) is 'n jong, aantreklike en sorgelose ontkleedanser. Hy word een oggend ná 'n wilde partytjie op sy seilboot wakker langs die gebrande lyk van 'n man, na bewering die man van sy minnares, Macarena Medina (Cristina Castaño), 'n magtige vrou. Hugo onthou niks van die vorige aand nie, maar is seker hy is nie die moordenaar nie, maar die slagoffer van 'n slenter. Ná 'n vinnige verhoor word hy gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf.
Sewe jaar later word hy in die tronk besoek deur Triana Marín (María Pedraza), 'n jong prokureur wat namens 'n groot regsmaatskappy aanbied om hom te help om sy onskuld in 'n nuwe vehoor te bewys. Hoewel Hugo nie die aanbod vertrou nie, kry Triana Hugo op parool vrygelaat.
Triana en Hugo werk saam om die ingewikkelde gekonkel te ontknoop wat hom onskuldig in die tronk laat beland het. Dit is nie 'n gemaklike verhouding nie, want hulle behoort tot teenoorgestelde wêrelde: Sy is 'n hardwerkende prokureur met verantwoordelikheid en 'n blink toekoms; hy is 'n ontkleedanser en voormalige gevangene wat deur almal buiten homself as 'n moordenaar beskou word.
Rolverdeling
wysigDie belangrikste akteurs en karakters in die eerste seisoen is:
- Jesús Mosquera is Hugo Beltrán González.
- Cristina Castaño is Macarena Medina de Solís.
- María Pedraza is Triana Marín.
- José de la Torre is Iván, 'n ontkleedanser.
- Carlo Costanzia is Jairo Soto, 'n ontkleedanser.
- Raudel Raúl Martiato is Germán, 'n ontkleedanser.
- Juanjo Almeida as Andrea Norman Medina, Macarena se seun.
- José Manuel Seda is Borja Medina de Solís, Macarena se broer.
- Álex Gadea is Mateo Medina de Solís, Macarena se broer.
- Pedro Casablanc is polisie-inspekteur Mario Zapata.
- Elisa Matilla is María Teresa Rojas, 'n gedugte mededinger van die Medinas.
- Van die tweede seisoen af
Episodes
wysigSeisoen | Episodes | Uitgereik | |
---|---|---|---|
1 | 13 | 1 Desember 2019 | |
2 | 8 | 21 November 2021 |
Vervaardiging en uitreiking
wysigToy Boy is deur César Benítez, Juan Carlos Cueto en Rocío Martínez geskep en deur Atresmedia Televisión vervaardig, in samewerking met Plano a Plano.[5] Iñaki Mercero en Javier Quintas was die regisseurs van die episodes in die eerste seisoen.[3] Die eerste seisoen is geskiet op natuurlike plekke in Costa del Sol.[6] Die seisoen is in Mei 2019 voltooi.[6]
Ondanks middelmatige kykersgetalle ná die aanvanklike uitreiking, het dit 'n groter aanhang op Netflix geniet.[7] In Julie 2020 het Atresmedia en Netflix besluit om 'n tweede seisoen te skep.[7] Verfilming het teen Maart 2021 begin.[8]
In April 2021 is aangekondig bykomende akteurs is Álex González, Federica Sabatini, Enrique Arce, Paco Marín, Ibrahim Al-Shami, Toni Zenet en Juan Betancourt,[9] met Javier Quintas en Laura M. Campos as regisseurs.[9] Seisoen 2 het op 11 Februarie 2022 op Netflix begin wys.
Verwysings
wysig- ↑ "Jesús Mosquera, Cristina Castaño y María Pedraza protagonizan 'Toy Boy', la nueva serie original de Atresmedia Televisión". Antena 3 (in Spanish). 18 September 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2019. Besoek op 21 April 2020.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: onerkende taal (link) - ↑ "Netflix y Telemundo International Studios se suman este año al FesTVal · Festival de la Televisión". FesTVal (in Spanish). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2019. Besoek op 21 April 2020.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: onerkende taal (link) - ↑ 3,0 3,1 Gallardo, Francisco Andrés (25 September 2019). "'Toy Boy', un crimen y un 'stripper' en la Costa del Sol". Diario de Sevilla. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Augustus 2020. Besoek op 5 April 2021.
- ↑ 4,0 4,1 "'Toy Boy' presenta su temporada 2. Fichajes, estreno y primeras imágenes". Diez Minutos. 9 September 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2021. Besoek op 16 September 2021.
- ↑ "Conoce a los strippers de 'Toy boy', la nueva serie de Antena 3". El Confidencial. 10 Januarie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2022. Besoek op 5 April 2021.
- ↑ 6,0 6,1 "La serie 'Toy Boy' finaliza su rodaje". Diario Sur. 18 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2019. Besoek op 5 April 2021.
- ↑ 7,0 7,1 Onieva, Álvaro (28 Julie 2020). "Atresmedia y Netflix producirán la temporada 2 de 'Toy Boy'". Fuera de Series. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 September 2021. Besoek op 5 April 2021.
- ↑ "Luces, cámaras, acción: se rueda la segunda temporada de 'Toy Boy' en la costa de Málaga". La Voz del Sur. 2 Maart 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Maart 2021. Besoek op 5 April 2021.
- ↑ 9,0 9,1 "'Toy Boy' empieza a rodar su temporada 2 y desvela el reparto completo, con Álex González en cabeza". Vertele!. eldiario.es. 8 April 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 April 2021. Besoek op 8 April 2021.
Skakels
wysig- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.