Toyota T-enjin
Die Toyota T-reeks is 'n familie inlynviersilinderenjins deur Toyota vervaardig van 1970 tot 1985.
Die TE71 2T-GEU enjin | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Toyota |
Produksietyd | 1970–1985 |
Soort | inlynviersilinder |
Afmetings | |
Inhoudsmaat | 1407–1770 cc |
Blok | Gietyster |
Stelsels | |
Klepwerking | 8-klep kettinggedrewe |
Dit het begin as 'n stootstangkopklep (OHV) ontwerp, maar later is 'n prestasiegeoriënteerde dubbelbonokas (DOHC) bygevoeg. Toyota het sy stewige reputasie vir betroubaarheid op hierdie enjins gebou.
Die 4T-GTE variant van hierdie enjin het Toyota toegelaat om in die Wêreldtydrenkampioenskap te kompeteer in die vroeë 1980's, wat dit 'n eerste vir 'n Japannese vervaardiger gemaak het.