Toyota V-enjin
Toyota Motorkorporasie se V-familie van enjins was 'n lengtegemonteerde V8-enjinontwerp. Hulle is gebruik van die 1960's tot die 1990's. Die V-familie-enjin is in die gesogte Toyota Century gebruik.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Toyota |
Produksietyd | 1963-1998 |
Ook genoem | "Toyota Hemi" |
Konfigurasie | V8 |
Afmetings | |
Inhoudsmaat | 2.6L 3.0L 3.4L 4.0L |
Stelsels | |
Klepwerking | Oorhoofse klepwerk |
Enjinlewering | |
Kraglewering | 86 kW (V) 110 kW (3V) 130 kW (4V) 140 kW (5V) |
Plek in geskiedenis | |
Opvolger | Toyota UZ enjin |
Toyota het met Yamaha saamgewerk om die eerste Japannese vol-aluminiumblokenjin te produseer. Die V-familie word dikwels na verwys as die Toyota Hemi omrede die enjin 'n soortgelyke silinderkopontwerp het as Chrysler se Hemi, selfs al is meeste van die enjinontwerp heeltemal anders.