Trzeszczyna
Trzeszczyna (Duits: Heinrichsfelde,[1] uitspraak: [tʂɛʂˈt͡ʂɨna]) is 'n nedersetting in Gmina Łobez, binne die Distrik van Łobez, in die woiwodskap Wes-Pommere, in die noordweste van Pole. Dit lê sowat vyf kilometer noord van Łobez en 73 km noordoos van die plaaslike hoofstad Stettyn.[2] Trzeszczyna is 'n deel van die sołectwo van Dalno.[3] Die dorp het 'n bevolking van 40 mense.[4]
Trzeszczyna | |
---|---|
Dorp | |
Koördinate: 53°40′17″N 15°36′00″O / 53.67139°N 15.60000°O | |
Land | Pole |
Woiwodskap | Wes-Pommere |
Powiat | Łobez |
Gmina | Łobez |
Bevolking | |
• Totaal | 40 |
Poskode | 73-150 |
Skakelkodes | 48 91 |
Die nedersetting het ontwikkel as gevolg van 'n samesmelting van die plase wat aan 'n handelaar uit Łobez, genaamd Borchardt, behoort het.[1] In Trzeszczyna is daar 'n park wat as 'n nasionale erfenisgebied verklaar is.[5] Voor 1945 was die gebied deel van Duitsland. Tussen 1975 en 1998 was Trzeszczyna 'n deel van die Woiwodskap van Stettyn.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Februarie 2010. Besoek op 15 September 2009.
- ↑ Central Statistical Office (GUS) – TERYT (National Register of Territorial Land Apportionment Journal)
- ↑ http://www.szczecin.uw.gov.pl/prawo/du/20041/011-2004.pdf[dooie skakel]
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 September 2009. Besoek op 15 September 2009.
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Januarie 2010. Besoek op 15 September 2009.