Tsjorni Boegor
Tsjorni Boegor (Russies: Чёрный Бугор) is 'n klein dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Bolsjoi Mogoi Plaaslike Munisipaliteit behoort. Soos baie ander nedersettings in Wolodarski-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë. Die letterlike betekenis van die dorpie se Russiese naam is "swart heuwel".
Tsjorni Boegor Чёрный Бугор | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland | |
Koördinate: 46°19′00″N 48°37′56″O / 46.31667°N 48.63222°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Astrachan-oblast |
Rajon | Wolodarski |
Bevolking | |
• Totaal | 20 |
Tydsone | UTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd) |
Poskode | 416184 |
Demografie
wysigVolgens Sensus 2010 het Tsjorni Boegor 20 inwoners gehad. Etniese Kasakke en Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[1]
Verwysings
wysig- ↑ Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 14 Julie 2023.