Tussenwerpsel
'n Tussenwerpsel, ook 'n ontladingswoord of interjeksie genoem, is 'n uitroep wat emosies/gevoelens uitdruk. So 'n tussenwerpsel kan gebruik word om emosies soos verskrikking, opgewondenheid of jammerte te beskryf.
Voorbeelde
wysigDie tussenwerpsel word in kursief aangedui:
- Ag foeitog, het jy jou vinger raak gesny?
- Aikôna, dit gaan nie gebeur nie!
- Aitsa! Dis darem 'n mooi verloofring!
- Eina! Dit is baie seer.
- Ga, dit stink!
- Hiert, jou spinnekop!
- Hoera! Ons gaan more met vakansie.
- Rêrig, kan dit waar wees?
- Sjoe, dis darem warm vandag!
Sien tussenwerpsel in Wiktionary, die vrye woordeboek. |