Uraan in Suid-Afrika
Die ontginning van uraan in Suid-Afrika geskied hoofsaaklik as ʼn newe-proses van goud- en kopermynbou.[1] As sodanig is die land nie ʼn groot produsent van die mineraal nie. In 2019 het Suid-Afrika 346 ton uraan geproduseer.[1]
Daar is tans twee produsente van uraan in Suid-Afrika. Sibanye-Stillwater herverwerk uitskot mynerts by sy Cooke-goudmyn, 35 kilometer wes van Johannesburg.[2] Dieselfde word buite Stilfontein by die Buffelsfontein-goudmyn gedoen.
Geskiedenis
wysigIn 1951 is daar besluit om uraan van uitskot mynerts op Suid-Afrika se talle goudmyne te ontgin.[1] Gevolglik is die Kernbrandstofkorporasie van Suid-Afrika (Nufcor) gestig.[1] Nufcor het in 1998 deel van Anglo Gold geword.[1] Uraanproduksie het ʼn hoogtepunt van rondom 600 ton in 1960 bereik, maar produksie het geleidelik weer begin daal.[1]
Gebruike van uraan
wysigUraan word verryk ten einde:[3]
- kommersiële kernkragsentrales aan te dryf; en
- isotope te vervaardig wat gebruik word vir mediese, industriële en wapendoeleindes
Ontginning
wysigUraanerts kan in oopgroef- of ondergrondse myne ontgin word waarna dit op die perseel fyn gemaal word om die uraan van die erts te skei.[3] Verder kan uraanerts in direk in die ertsneerslag opgelos word waarna dit na die oppervlak gepomp word in ʼn proses wat in situ-loging genoem word.[3] Uraan word as uraanoksiedkonsentraat (U3O8) in die mark verkoop.
In Suid-Afrika word die uraanerts met aangepaste vragmotors van Nufcor per pad vervoer na laasgenoemde se aanleg naby Westonaria.[1]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 Wêreld- Kernvereniging. 2022. https://world-nuclear.org/information-library/country-profiles/countries-o-s/south-africa.aspx
- ↑ https://www.sibanyestillwater.com/business/southern-africa/gold-operations/cooke/
- ↑ 3,0 3,1 3,2 Amerikaanse departement van energie. 2022. https://www.energy.gov/ne/nuclear-fuel-facts-uranium#:~:text=Uranium%20is%20now%20used%20to,defense%20purposes%20around%20the%20world.