Ushoogtepas
Die Ushoogtepas is 'n bergpas op die D1982, 'n ondergeskikte grondpad deur die Khomashoogland tussen Windhoek en Walvisbaai in Namibië. Hierdie pas langs die Kuisebrivier het 'n maksimum steilte van 1:10 en is nie so geskik vir motors wat karavane sleep nie.
Ushoogtepas | |
Ligging | Tussen Windhoek en Walvisbaai |
---|---|
Maksimumhelling | 1:10 |
Oppervlak | Grond |
Pad | D1982 |