Valerianus
Publius Licinius Valerianus, bekend as Valerianus I, (ca. 200 - na 260) was van 253 tot 260 die Romeinse keiser. In die nasleep van die slag by Edessa word hy deur die Persiese koning Shapur I gevangene geneem. Valerianus I was die enige Romeinse keiser in die geskiedenis wat 'n krygsgevangene was. Sy gevangeneming het tot groot onstabiliteit in die Romeinse Ryk gelei.
Valerianus | |
---|---|
40ste Keiser van die Romeinse Ryk | |
Valerianus I se gesig op 'n muntstuk
| |
Regeer | 253 – 259 (met Galerius) |
Volle naam | Publius Licinius Valerianus |
Gebore | ca. 193 - 200 |
Oorlede | Na 260 of 264 (60 jaar) |
Begrawe | Bishapur of Gundishapur |
Voorganger | Aemilianus |
Opvolger | Gallienus (alleen) |
Eggenote | Mariniana |
Vader van | Gallienus |
Valerianus het sy voorganger se vervolging van Christene voortgesit. Op 6 Augustus 258 sterf Pous Sixtus II op sy bevel 'n marteldood.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Valerianus.
- R.D. Weigel, art. Valerian (A.D. 253-260) and Gallienus (A.D. 253-268), in DIR (1998).