Van der Waals-radius

(Aangestuur vanaf Van der Waals radius)
Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.
Element radius (Å)
Waterstof 1.20
Koolstof 1.7
Stikstof 1.55
Suurstof 1.52
Fluoor 1.35
Fosfor 1.9
Swael 1.85
Chloor 1.8
Koper 1.4

Die Van der Waals-radius van 'n atoom is die radius van 'n denkbeeldige harde sfeer wat gebruik word om die atoom te modelleer vir baie doeleindes. Van der Waals-radiusse word bepaal deur metings te neem van die spasiëring tussen die atoompare van onverbonde atome in kristalle.

Die Van der Waals-radius is vernoem na Johannes Diderik van der Waals, wenner van die 1910 Nobelprys vir Fisika.

Ware gasse gedra hulle nie presies soos voorspel word nie. In sommige gevalle is die afwyking baie groot. Ideale gasse kan byvoorbeeld nooit vloeistowwe of vastestowwe word nie, ongeag van hoeveel hulle verkoel of saamgepers word. Modifikasies tot die ideale gaswet, , is daarom voorgestel. Die Van der Waals-toestandsvegelykings is veral nuttig: , waar a en b verstelbare parameters is wat deur eksperimentele metings op werklike gasse bepaal word. Hierdie waardes wissel van gas tot gas.

Die Van der Waals-vergelyking het ook 'n mikroskopiese interpretasie. Molekules het 'n invloed op mekaar. Die deeltjies stoot mekaar sterk af op klein afstande, trek mekaar ligtelik aan op gemiddelde afstande en die aantrekkingskrag verdwyn op langer afstande. Die ideale gaswet moet hersien word as afstotende en aantrekkingskragte in ag geneem word.