Verdens Undergang (rolprent)
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Verdens Undergang (Afrikaansː Die einde van die wêreld) is 'n Deense wetenskapfiksie-dramarolprent uit 1916 wat deur August Blom geregisseer is en geskryf is deur Otto Rung, met Olaf Fønss en Ebba Thomsen in die hoofrolle. Die film beeld 'n wêreldwye ramp uit wanneer 'n komeet naby die aarde verby beweeg en natuurrampe en sosiale onrus veroorsaak. Blom en sy medewerkers het spesiale effekte vir die komeet-ramp geskep met behulp van vuurvonke en rook. Die rolprent het 'n groot gehoor gelok vanweë die vrese wat ses jaar tevore tydens die Halley se Komeet ontstaan het, asook die voortdurende onstuimigheid en onrus van die Eerste Wêreldoorlog.[1] Die rolprent staan ook bekend as "Die vlammende swaard". Dit is deur die Deense Rolprent Instituut herstel en in 2006 op DVD vrygestel.
Verdens Undergang | |
---|---|
Regisseur | August Blom |
Draaiboek | Otto Rung |
Verteller | Olaf Fønss |
Met | Ebba Thomsen Johanne Fritz-Petersen Thorleif Lund |
Kinematografie | Louis Larsen |
Verspreider | Fotorama |
Uitgereik | 1 April 1916 |
Speeltyd | 77 min |
Land | Denemarke |
Taal | Stilprent met Deense onderskrifte |
Rolverdeling
wysigOlaf Fønss as Frank Stoll – myneienaar
Carl Lauritzen as mynvoorman
Ebba Thomsen as Dina West
Johanne Fritz-Petersen as Edith West
Thorleif Lund as mynwerker Flint
Alf Blütecher as seevaarder Reymers
Frederik Jacobsen as die wandelende predikant
K. Zimmerman as Professor Wissmann
Moritz Beilawski
Erik Holberg
Verwysings
wysig- ↑ "Verdens undergang". Det Danske Filminstitut. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2007. Besoek op 22 Mei 2008.
Eksterne skakels
wysig- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.