Viaduc de Garabit
Die Viaduc de Garabit is een van die meesterwerke van die Franse ingenieur Alexandre Gustave Eiffel en is geleë in die departement Cantal in Frankryk.
Toe die oorbrug in 1884 oor die Truyère-rivier gebou is, was dit die grootste en hoogste van sy tyd. Dit het 'n revolusionêre ontwerp wat sy tyd ver vooruit was, minimalistiese konstruksie en tegelykertyd met 'n baie elegante vorm.
Die ontwerp van die brug is baie soortgelyk aan dié van die Maria Pia-brug in Porto, Portugal.