Vimercate
Die stad Vimercate lê in die Noord-Italiaanse streek Lombardye. Dit behoort tot 2009 aan die provinsie Milaan, daarna word dit onder die nuwe provinsie Monza ingedeel. Die stad is oorspronklik deur die Romeine op die oewer van die Molgora-rivier in die uiterste suide van die heuwelagtige streek Brianza gestig. Die stad het enkele besienswaardige bouwerke, soos die basiliek wat aan St. Stefanus opgedra is en die 17de-eeuse sierlike kerk, Beata Vergine. Die Ponte di San Rocco is oorkant die Molgora-rivier gebou. Die oudste vermelding hiervan dateer uit 1153.
Vimercate | |
---|---|
Stad | |
Die Ponte di San Rocco | |
Koördinate: 45°37′00″N 09°22′00″O / 45.61667°N 9.36667°O | |
Land | Italië |
Streek | Lombardye |
Provinsie | Monza e Brianza |
Regering | |
• Burgemeester | Paolo Brambilla |
Oppervlak | |
• Totaal | 20,67 km2 (7,98 vk. myl) |
Hoogte | 194 m (636 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 25 601 |
• Digtheid | 1 200/km2 (3 200/vk. myl) |
Poskode | 20871 |
Skakelkodes | 039 |
Webwerf | comune.vimercate.mb.it |
Die wolkekrabbers Torri Bianche aan die rand van die stad is opmerklik. Hierin is daar 'n enorme bioskoop, winkels en kantore gevestig. Die geboue is in 1998 deur die Switserse argitek Mario Botta ontwerp.
Fotogalery
wysig-
Ponte di San Rocco
-
Santo Stefano
-
Die Torri Bianche-sentrum
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Vimercate. |