Virginia Jetzt!
Virginia Jetzt! is 'n Duitse Indie-Schlager musiekgroep wat in 1999 in Elsterwerda ontstaan het, wat bekend is vir hul emosionele dog opbeurende ghitaarpop. Die groep het tot dusver drie albums bekendgestel, met hul debuutalbum in 2003 Wer hat Angst vor Virginia Jetzt? ('n verwysing na Edward Albee se toneelstuk Who's Afraid of Virginia Woolf?).
Virginia Jetzt! | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Elsterwerda, Brandenburg, Duitsland |
Genres | Pop, Indie pop, Schlager |
Jare aktief | 1999 – nou |
Etikette | Universal Music |
Webwerf | www.virginia-jetzt.de/ |
Lede | Nino Skrotzki Thomas Dörschel Mathias Hielscher Angelo Gräbs |
Hul volgende album Anfänger (2004) het drie enkelspelers tot gevolg gehad: "Ein ganzer Sommer" (#28, 2004), "Das ganz normale Leben" (#72, 2004) en "Wahre Liebe" (#49, 2005). In Januarie 2007 het die groep Land Unter bekendgestel, wat die enkelspelers "Bitte bleib nicht, wenn du gehst" (#54, 2006) en "Mehr als das" (#75, 2007) bevat het.
Albumgeskiedenis
wysig- Virginia jetzt! (2000)
- Pophymnen (2001)
- Wer hat Angst vor Virginia Jetzt! (2003)
- Anfänger (2004)
- Anfänger Tour Edition (2005)
- Land Unter (2007)
- Blühende Landschaften (2009)
Eksterne skakels
wysig- Amptelike webwerf Geargiveer 18 September 2009 op Wayback Machine (de)