Volkswagen Passat
Die Volkswagen Passat is 'n mediumgesinsmotor wat sedert 1973 deur die Duitse vervaardiger Volkswagen vervaardig word, en wêreldwyd bemark is oor agt geslagte. Dit is tussen die Volkswagen Jetta en die Volkswagen Phaeton geposisioneer in die huidige Volkswagenreeks. Sy variante staan bekend as die Dasher, Santana, Quantum, Magotan, Corsar en Carat.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Volkswagen |
Ook genoem | Volkswagen Dasher Volkswagen Quantum Volkswagen Santana Volkswagen Corsar Volkswagen Magotan Volkswagen Carat |
Produksie | 1973–huidig |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | mediumgesinsmotor |
Uitleg | Voorenjin, voorwielaangedrewe of vierwielaangedrewe |
Platform | Volkswagengroep B platform |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Volkswagen Tipe 4 Volkswagen Tipe 3 |
Volkswagen het sy reeks in 2008 uitgebrei met die vrystelling van die Volkswagen CC, 'n vierdeurkoepeeweergawe van die Passat.