Wasili Eduardowitsj Petrenko (Russies: Васи́лий Эдуа́рдович Петре́нко; gebore op 7 Julie 1976) is 'n Russies-Britse dirigent. Hy is tans hoofdirigent van die Koninklike Liverpool Filharmoniese Orkes en van die Oslo Filharmoniese Orkes, en sedert 2015 die hoofdirigent van die Europese Unie se Jeugorkes.

Wasili Petrenko (2013)

Professionele loopbaan

wysig

Petrenko was in Leningrad, USSR gebore. Hy het die Capella Seuns Musiekskool en die Sint Petersburg Konservatoria bygewoon.[1] Petrenko het dirigeer grotendeels onder Ravil Martynov studeer,[2][3] maar ook van Mariss Jansons, Yuri Temirkanov, Esa-Pekka Salonen, die komponis George Benjamin en Roberto Carnevale geleer.[4] Petrenko was van 1994 tot 1997 die inwonende dirigent by die Mikhaylovski Teater. Hy dien sedert 1994 as die hoofdirigent van die Staatakademie van Sint Petersburg.[5] In 2002 het hy eerste prys tydens die Cadaqués Orkes Internasionale Dirigeer Kompetisie gewen.

Petrenko het in November 2004 sy buiging as dirigent by die Koninklike Liverpool Filharmoniese Orkes (KLFO) gemaak.[6] Na hierdie verskyning was hy in Julie 2005, met ingang van die 2006-07 seisoen, aangewys as die KLFO se prinsipiële dirigent, met 'n aanvanklike kontrak van drie jaar. Sodoende het hy die jongste dirigent geword om aangestel te word in die pos.[7] Sedertdien Petrenko die pos beklee, het die KLFO se finansiële posisie aansienlik verbeter en het bywoning ook 'n hupstoot ontvang.[8][9] Petrenko het ook kritiese lof ontvang ten opsigte van die vernuwing van die orkes wat die speel van repertorium uit Rusland betref (veral wat die werke van Sjostakowitsj betref) [10] sowel as die standaard repertorium soos Brahms, en Engelse musiek.[11] In Mei 2007 het die KLFO aangekondig dat Petrenko sy kontrak met die orkes tot 2012 verleng het.[12] In September 2009 het die orkes 'n verdere verlenging van sy kontrak aangekondig, met inbegrepe van 2015, met 'n wysiging van Petrenko se titel tot die van Hoofdirigent.[13] In Maart 2013 het die KLFO die omskakeling van Petrenko se kontrak na die van 'n uitgebreide ooreenkoms met geen spesifieke geskeduleerde termyn aangekondig, en ingevolge waarvan Petrenko in geval hy sy termyn sou wou beëindig ten minste drie jaar kennis moet gee.[14][15][16] Sy eerste verskyning by die Britse Promenade (die Proms) het in Augustus 2008 saam met die KLFO plaasgevind.[17][18] Petrenko en die KLFO het reeds verskeie opnames vir Naxos gemaak.[19][20] Petrenko se opname van Tsjaikofski se Manfred Symphony het in 2009 die Gramophone tydskrif se toekenning vir orkestrale opname van die jaar gewen.

In April 2007 was Petrenko een van agt dirigente van Britse orkeste om die 10-jaar uitreikmanifes te endosseer, welke ten doel het om die teenwoordigheid van klassieke musiek in die Verenigde Koninkryk te verhoog en gratis toegang na klassieke musiekkonserte te bied aan alle Britse skoolkinders.[21][22] Petrenko het van Desember 2008 tot Desember 2013 as prinsipiële dirigent van die Nasionale Jeugorkes van Groot-Brittanje gedien en sy eerste konsert saam met die orkes tydens die 2009 BBC Proms gehou.[23]

Petrenko het die eerste keer in Desember 2009 die Oslo Filharmoniese Orkes gedirigeer.[24]In Februarie 2011 het die orkes die aanstelling van Petrenko as volgende hoofdirigent daarvan aangekondig, met ingang van die 2013-2014 seisoen, met 'n aanvanklike kontrak van vier jaar.[25][26] Petrenko se Oslo kontrak bepaal dat hy sewe weke se uitvoerings in sy eerste seisoen sal doen, en tien weke se uitvoerings tydens die daaropvolgende seisoene.[24]In November 2015 was Petrenko se Oslo kontrak verleng na 2020.[27]

Petrenko het die eerste keer in Maart 2016 as gas-dirigent van die Koninklike Filharmoniese Orkes (KFO) opgetree. Hy het teruggekeer vir 'n daaropvolgende betrekking in April 2017. In Julie 2018 het die KFO die aanstelling van Petrenko as die orkes se nuwe musiekdirekteur aangekondig met ingang van die 2021-22 seisoen, met 'n aanvanklike kontrak van vyf jaar. Ingevolge daarvan sal hy die titel van aangewese musiekdirekteur vir die 2020-21 seisoen hou. Gelyklopend met hierdie aankondiging, is Petrenko geskeduleer om na afloop van die 2019-2020 seisoen, sy tyd in die pos as hoofdirigent van die Oslo Filharmoniese Orkes, te beëindig.[28]Gelyklopend met die aankondiging van die KFO het die KLFO aangekondig dat Petrenko sy tyd as Hoofdirigent by die KLFO teen die einde van die 2020-21 seisoen sal afsluit ten einde die titel van dirigent-laureaat by die KLFO op te neem.[29]

Diskografie

wysig

Avie Records

  • Tsjaikofski: Balletmusiek (van Swanemeer, Doringrosie en Die Neutkraker) (2008)
  • Rachmaninoff: Klavierconcertos Nos. 1–4, Rapsodie op 'n Tema van Paganini; Simon Trpčeski, klavier (2010, 2011)

Deutsche Grammophon (DG)

  • Jennifer Higdon, Tsjaikofski: Vioolconcertos; Hilary Hahn, viool (2010)

EMI Classics

  • Tavener: Mis (2009)
  • Rachmaninoff: Simfoniese Danse/die Eiland van die Dooies/Die Rots (2011)
  • Rachmaninoff: Simfonie No. 2, Danse van Aleko (2012)
  • Rachmaninoff: Simfonie No. 3, Caprice Bohéme, Vocalise. (2012)
  • Rachmaninoff: Simfonie No. 1, Prins Rostislaf (2013)

Ecstatic Records

  • Torke: Concerto vir Orkes (2014)

LAWO Classics

  • Skriabin: Simfonieë Nos. 3 & 4 Le Poème de l'extase (2015)
  • Prokofiëf: Romeo & Juliet (2016)

LPO Classics

  • Tsjaikofski: Vioolconcerto (2017)

Mercury Classics

  • Horner: Pas de Deux (2015)

Naxos

  • Liszt: Klavierconcertos Nos. 1 & 2, Totentanz (2008)
  • Tsjaikofski: Manfred Simfonie/Die Voyevoda (2008)
  • Sjostakowitsj: Simfonie No. 11 (2009)
  • Sjostakowitsj: Simfonieë Nos. 5 & 9 (2009)
  • Sjostakowitsj: Simfonie No. 10 (2010)
  • Sjostakowitsj: Simfonie No. 8 (2010)
  • Sjostakowitsj: Simfonieë Nos. 6 & 12 (2011)
  • Sjostakowitsj: Simfonieë Nos. 1 & 3 (2011)
  • Sjostakowitsj: Simfonieë Nos. 2 & 15 (2012)
  • Sjostakowitsj: Simfonie No. 7 (2013)
  • Sjostakowitsj: Simfonie No. 4 (2013)
  • Sjostakowitsj: Simfonie No. 14 (2014)
  • Sjostakowitsj: Simfonie No. 13 (2014)
  • Sjostakowitsj: Die Volledige Simfonieë (2015)
  • Sjostakowitsj: Klavierconcertos Nos. 1 & 2; Boris Giltburg, klavier (2017)

Ondine Records

  • Sjostakowitsj: Tjelloconcertos Nos. 1 & 2; Truls Mørk, tjello (2016)

Onyx Records

  • Tsjaikofski: Klavierconcertos Nos. 1 & 2; Simon Trpčeski, klavier (2014)
  • Elgar: Simfonie No. 1, Cockaigne Ouverture (2015)
  • Tsjaikofski: Simfonie Nos. 1, 2, en 5 (2016)
  • Elgar: Simfonie No. 2, Carissima, Mina, Chanson de Nuit en Chanson de Matin (2017)
  • Tsjaikofski: Simfonieë Nos. 3, 4, en 6, Pathetique (2017)
  • Prokofiëf: Klavierconcertos Nos. 1 & 3, Ouverture op Hebreeuse temas; Simon Trpčeski, klavier (2017)

Orfeo Records

  • Szymanowski: Vioolconcertos Nos. 1 & 2; Baiba Skride, viool (2016)

Pentatone Classics

Rubicon

  • Wolf-Ferrari: I Quatro Rusteghi (2018)

Sony Classical

  • Guinovart: Klavierconcertos Nos. 1 & 2, Valses Poéticos; Albert Guinovart, klavier (2014)

Tritó Records

  • Albéniz: Poèmes d'amour (2013)

Verwysings

wysig
  1. Mike Chapple, "Petrenko's mission to make the Phil the world's best orchestra". Liverpool Daily Post, 17 Julie 2007.
  2. Norman Lebrecht (30 Julie 2008). "Russian to the rescue". La Scene Musicale (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 September 2018. Besoek op 23 Augustus 2012.
  3. Condy, Oliver. "A Russian Revolution: Vasily Petrenko". BBC Music Magazine, September 2009 (Vol. 17 No. 13): bl. 26
  4. Anthony Holden (17 September 2006). "Petrenko's Russian revolution". The Observer (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2018. Besoek op 5 Mei 2007.
  5. Alan Weston and Laure Voiment, "The football-mad conductor taking the helm at Liverpool". Liverpool Daily Post, 12 Julie 2005.
  6. Matthew Connolly (22 Julie 2005). "Vasily Petrenko signs for Liverpool!". The Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2011. Besoek op 1 Januarie 2008.
  7. David Ward (12 Julie 2005). "Orchestra's Russian choice". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2019. Besoek op 5 Mei 2007.
  8. Tim Ashley (7 Februarie 2007). "RLPO/Petrenko". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2008. Besoek op 5 Mei 2007.
  9. Larry Neild (14 Februarie 2007). "Beautiful music as Phil smashes box office record". Liverpool Daily Post (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2012. Besoek op 26 Desember 2007.
  10. Geoffrey Norris (5 Februarie 2007). "Dynamic visionary rings the changes". Telegraph (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Junie 2008. Besoek op 5 Mei 2007.
  11. David Fanning (12 Februarie 2007). "Petrenko shows that he is a natural Englishman". Telegraph (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Junie 2008. Besoek op 5 Mei 2007.
  12. Geoffrey Norris (1 Oktober 2007). "Vasily Petrenko: Why Liverpool is galvanised by the 'Petrenko effect'". Telegraph (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2008. Besoek op 3 Oktober 2007.
  13. Catherine Jones (10 September 2009). "Conductor Vasily Petrenko signs up to the Royal Liverpool Philharmonic Orchestra until 2015". Liverpool Echo (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2012. Besoek op 11 September 2009.
  14. Royal Liverpool Philharmonic (13 Maart 2013). "Vasily Petrenko Extends Contract with the Royal Liverpool Philharmonic". Persberig. Archived from the original on 18 Maart 2013. https://web.archive.org/web/20130318034612/http://www.liverpoolphil.com/11391/latest-press-releases/vasily-petrenko-extends-contract-with-the-royal-liverpool-philharmonic.html. Besoek op 2013-03-17. 
  15. Catherine Jones (13 Maart 2013). "Vasily Petrenko signs new Royal Liverpool Philharmonic Orchestra contract". Liverpool Echo. Besoek op 17 Maart 2013.
  16. Sophia Lambton (13 Maart 2013). "Vasily Petrenko extends RLPO contract". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2017. Besoek op 13 Maart 2013.
  17. Vicky Anderson (1 Augustus 2008). "Petrenko prepares for Proms date". Liverpool Daily Post. Besoek op 10 Januarie 2009.
  18. Gail Thomson (2 Augustus 2008). "Music Review: RLPO / Vasily Petrenko, BBC Proms, Royal Albert Hall". Liverpool Daily Post. Besoek op 10 Januarie 2009.
  19. Anthony Holden (9 November 2008). "Tchaikovsky, Manfred Symphony, The Voyevoda". The Observer (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2017. Besoek op 12 September 2009.
  20. Tim Ashley (9 Januarie 2009). "Liszt Piano Concertos Nos 1 & 2; Totentanz; Nebolsin/RLPO/Petrenko". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2017. Besoek op 12 September 2009.
  21. "Pupils get free concert tickets". BBC News (in Engels). 26 April 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2018. Besoek op 5 Mei 2007.
  22. Charlotte Higgins (26 April 2007). "Orchestras urge free concerts for children". The Guardian. Besoek op 5 Mei 2007.
  23. Erica Jeal (9 Augustus 2009). "Prom 31 – NYO/Petrenko". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2018. Besoek op 20 Februarie 2011.
  24. 24,0 24,1 Erik Bjørnskau (17 Februarie 2011). "Vasily Petrenko ny sjefdirigent". Aftenposten (in Noors). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Junie 2011. Besoek op 20 Februarie 2011.
  25. Oslo Philharmonic (18 February 2011). "Vasily Petrenko Oslo-Filharmoniens neste sjefsdirigent". Persberig. Archived from the original on 24 Julie 2011. https://web.archive.org/web/20110724182406/http://www.oslofilharmonien.no/lang/no/diverse/vasily-petrenkooslo-filharmoniens-neste-sjefsdirigent/. Besoek op 2011-02-20. 
  26. Laura Davis (17 Februarie 2011). "Royal Liverpool Philharmonic Orchestra's Vasily Petrenko appointed chief conductor of the Oslo Philharmonic". Liverpool Echo (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Oktober 2012. Besoek op 20 Februarie 2011.
  27. "Vasily Petrenko extends Oslo contract to 2020". Gramophone (in Engels). 9 November 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2019. Besoek op 1 Januarie 2017.
  28. Royal Philharmonic Orchestra (2 Julie 2018). "Royal Philharmonic Orchestra Announced Vasily Petrenko as Music Director from 2021–22 Season". Persberig. Archived from the original on 17 Januarie 2021. https://web.archive.org/web/20210117175044/https://www.rpo.co.uk/about/news-press/95-press/300-royal-philharmonic-orchestra-announced-vasily-petrenko-as-music-director-from-2021-22-season. Besoek op 2018-07-02. 
  29. Royal Philharmonic Orchestra (2 Julie 2018). "Liverpool Philharmonic announces Vasily Petrenko as Conductor Laureate from summer 2021". Persberig. https://www.liverpoolphil.com/news/press-releases/details/liverpool-philharmonic-announces-vasily-petrenko-as-conductor-laureate-from-summer-2021. Besoek op 2018-07-02. 

Eksterne skakels

wysig