Waterloo, België
Waterloo (uitgespreek [watəʀˈloː], Waals: Waterlô) is 'n dorp en munisipaliteit in België. Dit is in die gewes Wallonië in die provinsie Waals-Brabant geleë. Die munisipaliteit het 'n bevolking van 29 731 (2011-sensus) en beslaan 'n oppervlak van 21,03 km².
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | België |
Gewes (deelstaat) | Wallonië |
Provinsie | Waals-Brabant |
Koördinate | 50°43′N 4°24′O / 50.717°N 4.400°O |
Oppervlak: | |
- Totaal | 21,03 vk km |
Bevolking: | |
- Totaal (1 Januarie 2012) | 29 731 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 400/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
Burgemeester | Serge Kubla (MR) |
Amptelike Webwerf | www.waterloo.be |
Die Slag van Waterloo
wysigDie Slag by Waterloo het op Sondag, 18 Junie 1815 naby Waterloo plaasgevind. Tydens die slag is die Franse Ryk onder Napoleon Bonaparte deur die Pruisiese en die Anglo-geallieerde leërs verslaan. Die nederlaag bring 'n einde aan Napoleon se heerskappy as die Franse keiser. Na die slag het Napoleon aan die Britte oorgegee en is hy na die eiland Sint Helena verban, waar hy in 1821 oorlede is.
Die slagveld is vandag in België, sowat agt myl (12 km) suidoos van Brussel, en sowat 'n kilometer (1,6 km) van die munisipaliteit van Waterloo.
Besienswaardighede
wysig- Besoekersentrum
- Leeu van Waterloo (Frans: Butte du Lion) (in die aangrensende munisipaliteit, Eigenbrakel)
- Panorama oor die slagveld
- Wasbeeld-museum
- Wellington-museum
- Sint-Jozefkerk, gebou in 1855; met gedenkplate ter herinnering aan die Slag van Waterloo.
- Miniatuur België, 'n klein opelugmuseum
-
Leeu van Waterloo
-
Leeu van Waterloo (detail)
-
Die slagveld se uitleg
-
Uitsig oor die slagveld
-
Standbeeld van Napoleon
-
Waterloo se spoorwegstasie
Verdere naleeswerk
wysig- Barbero, Alessandro (2005). The Battle: A New History of Waterloo. Atlantic Books. ISBN 1-84354-310-9
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Waterloo, België.