Waterval-Onder
(Aangestuur vanaf Waterval Onder)
Waterval-Onder is 'n klein dorpie in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die dorpie is 8 km oos van Waterval-Boven onder die Elandsrivierwaterval. Die dorpie was gebruik as 'n belangrike spoorhoof tydens die bou van die Pretoria-Delagoabaai-spoorlyn. In die dorpie is ook die huis Krugerhof waarin pres. Paul Kruger gewoon het.
Waterval-Onder | |
---|---|
Dorpie | |
Die Krugerhof-huis, nou 'n museum | |
Koördinate: 25°30′0″S 30°23′0″O / 25.50000°S 30.38333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distriksmunisipaliteit | Nkangala |
Plaaslike Munisipaliteit | Emakhazeni |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Ná die val van Pretoria het eers Machadodorp en toe Waterval-Onder 'n kort tydperk as die hoofstad van die Zuid-Afrikaansche Republiek gedien.
Sien ook
wysigBron
wysig- B.P.J. Erasmus. Op Pad in Suid-Afrika. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- Raper, P.E. Plekname van Suider-Afrika (p. 772) [bevestig spelling van Waterval-Onder met 'n koppelteken].
- Kennis, 1980, vol 4, bl. 672-675, ISBN 0 7981 0826 6