We Butter The Bread With Butter

We Butter The Bread With Butter (afgekort tot WBTBWB) is 'n elektrocore musiekduo vanuit Berlyn (Duitsland) wat in 2007 gevorm is. Die groep se styl is kras elektronies en sluit aan by die screamo-genre. Die tromme word op 'n tromrekenaar geskep en word deur middel van 'n skootrekenaar by regstreekse opvoerings gebruik. Tydens regstreekse optredes speel die baskitaar vanaf 'n vooropgeneemde band en help sessionele kunstenaars met ander instrumente uit. Die groep het op MySpace bekend geword, waar hul snitte meer as 2,5 miljoen keer gespeel is en hulle meer as 20 000 MySpace-vriende het.[1] Die groep se debuutalbum Das Monster aus dem Schrank (Afrikaans: Die monster uit die kas) is op 21 November 2008 onder Redfield Records se etiket vrygestel.

We Butter The Bread With Butter
WBTBWB by Rock in Caputh 2013
Agtergrondinligting
Ook bekend asWBTBWB
OorsprongBerlyn (Duitsland)
Genreselektrocore, metalcore, deathcore
Jare aktief2007 — hede
LedePaul Bartzsch
Marcel Neumann
Axel Goldmann
Can Özgünsür
Gewese ledeTobias Schultka
Kenneth Iain Duncan
Maximilian Pauly Saux

Diskografie

wysig
  • Das Monster aus dem Schrank (2008)
  • Der Tag an dem die Welt unterging (2010)
  • Projekt Herz EP (2012)
  • Goldkinder (2013)
  • Wieder geil! (2015)

Eksterne skakels

wysig

Verwysings

wysig
  1. Alex J. MySpace