Weliki Oestjoeg
Weliki Oestjoeg (Russies: Великий Устюг) is ’n dorp in die Russiese Wologda-oblast. Dit lê by die sameloop van die Soechona- en die Joeg-rivier. Die inwonertal in 2010 was 31 665.[1]
Weliki Oestjoeg Великий Устюг | |
---|---|
Dorp | |
Die tuiste van Djed Moroz | |
Die ligging van Wologda-oblast in Rusland | |
Koördinate: 60°46′0″N 46°18′0″O / 60.76667°N 46.30000°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Wologda-oblast |
Stigting | 1207 |
Oppervlak | |
• Totaal | 17 km2 (7 vk. myl) |
Hoogte | 70 m (230 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 31 665 |
• Digtheid | 1 863/km2 (4 830/vk. myl) |
Tydsone | UTC+04:00 (MEK) |
Poskode | 162390–162396 |
Skakelkodes | 7 81738 |
Webwerf | movustug.ru |
Geskiedenis
wysigDie naam van die dorp kom van die eerste nedersetting in die gebied, die kloosternedersetting by Gleden (Гледен), waar die Joeg-rivier ("Suidelike Rivier") in die Soechona invloei. Saam vorm hulle die Noordelike Dwina. Die naam Устюг is ’n samestelling van die Russiese woorde oestje (устье; riviermonding) en joeg (юг; suid). Weliki is die Russiese woord vir "groot" en is aan die einde van die 15de eeu by die naam gevoeg.
Tuiste van Djed Moroz
wysigIn die woud by Weliki Oestjoeg is ’n wotsjina (вотчина; landgoed) met die amptelike woning van Djed Moroz (Дед Мороз; "Oupa Ryp"), die Russiese weergawe van Kersvader. In 1998 het die destydse Moskouse burgemeester, Joeri Loezjkof, voorgestel dat Weliki Oestjoeg die amptelike tuiste van Djed Moroz word, pleks van die tradisionele Lapland.[2] ’n Spesiale maatskappy is vir dié doel gestig. Daar is ’n spesiale poskantoor vir briewe van kinders aan Djed Moroz.
Galery
wysig-
Die katedraalkompeks by Weliki Oestjoeg gesien vanuit die dorpie Dimkowo
-
Spaso-Preobrazjenski-katedraal aan Krasnajastraat in Weliki Oestjoeg
-
Rivieroewer met Weliki Oestjoeg (1913)
-
Sonsopkoms aan die Soechona naby Weliki Oestjoeg
Verwysings
wysig- ↑ Russiese Federale Staatstatistiekdiens (2011). Всероссийская перепись населения 2010 года. Том 1 Alrussiese Bevolkingsensus, 2010, vol. 1. Всероссийская перепись населения 2010 года (in Russies).
- ↑ (ru) Weliki Oestjoeg op die webtuiste "Klein dorpe van Rusland"
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Weliki Oestjoeg.
- Weliki Oestjoeg (in Russies)
- Weliki Oestjoeg vir toeriste (in Russies)