Westville-gevangenis
Die Westville-gevangenis is 'n tronk in Westville, 'n woonbuurt van Durban, Suid-Afrika. Dit is een van die grootste tronke in die land en is die enigste tronk in die Durban-area. Dit word deur die Suid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe Dienste bestuur. Die gemiddelde daaglikse bevolking vir 2010 was 3 281.[1]
Westville-gevangenis | ||
Ligging | ||
Stad/dorp | Durban | |
Land | Suid-Afrika | |
Inligting | ||
Bevolking | 3 281 (2010) | |
Bestuur deur | SA Departement van Korrektiewe Dienste |
Op 21 Februarie 2010 ontsnap die sogenaamde "suikerriet-reeksmoordenaar", Thozamile Taki, saam met agt ander verhoorafwagtende gevangenes uit die tronk. Hulle saag deur 'n staaldeur en roosterhekke en ontvlug uit die tronk se "Medium A"-afdeling. [2] Teen 7 Maart 2010 is drie van die ontsnaptes, saam met Thozamile Taki, weer gevang en is een gevangene deur die polisie geskiet.[3]
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "Westville Correctional Facility". ingov (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 27 Augustus 2011.
- ↑ Madlala, Mpume (22 Februarie 2010). "Prison break – warders unaware" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2012. Besoek op 27 Augustus 2011.
- ↑ Savides, Matthew (7 Maart 2010). "Police shoot dead Westville Prison escaper" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2012. Besoek op 27 Augustus 2011.