Wikipedia:Mediahulp (Ogg)
Hoe om oudio- en videosagteware te installeer
Om u rekenaar in staat te stel om beide video- (Theora) en oudio- (Vorbis) lêers te speel, kies asseblief 'n program uit die onderstaande lys. Kyk onder die bedryfstelsel, byvoorbeeld Microsoft Windows, en volg die aanwysings om die sagteware van u keuse te installeer.
Dit word aanbeveel dat u 'n program gebruik wat beide die Vorbis-oudio en die Theora-video kan afspeel, aangesien hierdie twee verskillende mediaformate dikwels in dieselfde Ogg-formaat bevat word.
Alle bedryfstelsels
Gebruik gerus hierdie webgebaseerde speler, WikiMediaPlayer.
U huidige mediaspeler mag wel in staat wees om sommige van Wikipedia se inhoud te speel.
Die installering van kodeks van Illiminal sal DirectShow-spelers soos Windows Media Player in staat stel om alle Wikipedia-oudio te speel. Die meeste Windows-gebruikers het reeds Windows Media Player op hulle rekenaar gelaai. Indien u nie die program het nie, of u wil 'n ander program gebruik, kan u 'n program uit die onderstaande lys installeer. Indien u wel Windows Media Player het en nie van program wil verander nie, gaan asseblief na stap 1 hier onder.
DirectShow-spelers:
- Windows Media Player by Microsoft se webwerf.
- Winamp by die Winamp-webwerf.
- Media Player Classic by die Sourceforge-webwerf
- Gaan na illiminable.com.
- Kliek op "Download Now". U kan dit ook direk van hier probeer (dalk nie die jongste weergawe nie).
- Wag vir installasieprogram om af te laai. Die behoort minder as twee minute te neem met 'n 56k-modem.
- Sodra dit klaar afgelaai is, kan u die program uitvoer en die instruksies op die skrem volg.
- Sodra die installering suksesvol voltooi is, behoort u mediaspeler Ogg-oudio en -video te kan speel.
- Indien Windows nie outomaties die formaat met u mediaspeler assosieer nie, kan u gewoon 'n lêer tot bo-op die speler trek of die program se instruksies volg om dit met ander formate te assosieer. Die algemene keuselys volgorde in die geval is Tools->Options->File types.
MPlayer OS X is 'n mediaspeler wat Vorbis- en Theora-lêers kan speel.
- Gaan na MPlayer Mac OS X se aflaaibladsy.
- Kliek op Download Now.
- Kies die toepaslike plek waar u vanaf wil aflaai.
- Kliek die ooreenkomstige ikoon op die download-kolom.
- Wag vir die Zip-argief om af te laai. Dit kan tot 18 minute neem met 'n 56k-modem.
- Sodra die argief afgelaai is, dubbelkliek daarop om die lêers te verkry.
- Kopieer die MPlayer Application na u Applications-gids.
- Sodra die kopiëringsproses sukselvol voltooi is, behoort u MPlayer Ogg-video and oudio te kan speel.
Baie onlangse vrye Unix-stelsel kan Vorbis-oudio speel sonder om enige ekstra sagteware te installeer. As u geen oudiosagteware op u rekenaar het nie, gebruik u gunsteling pakketstelsel om die lys van spelers deur te soek en een te kies.
- libtheora word benodig vir Ogg Theora-video.
- Gebruik u pakketbeheringstelsel, soos APT of YUM om libtheora te soek en te installeer.
Speel van inhoud
U kan u mediaspeler uittoets deur inhoud van Wikimedia Commons se klank en video-kategorieë te gebruik.