Wikipedia:Voorbladbeeld week 35 2020
Onderskeie bene van die menslike skedel.
Die volwasse skedel bestaan gewoonlik uit 22 bene. Al hierdie bene, behalwe die kakebeen (mandibel), is aanmekaar verbind deur hegtings, semi-rigiede artikulasies wat deur been-ossifikasie gevorm is. Die teenwoordigheid van Sharpey se vesels laat effense buigsaamheid toe.