Wikipedia:Voorbladbeeld week 40 2007
'n Nagaansig van Montréal se stadsaal op 'n koue Januarie-aand. Die stadsaal is ontwerp deur die argitekte Henri-Maurice Perrault en Alexander Cowper Hutchison en is tussen 1872 en 1878 gebou. Die gebou is geleë in die middel van Ou Montréal te 275 Notre-Dame-straat.
In 1967 het Charles de Gaulle, toe die president van Frankryk, sy bekende Vive le Québec-toespraak vanaf die balkon van die gebou gelewer.
Fotograaf: David Iliff.